HEBREËRS 3:3-4
HEBREËRS 3:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Want God het geweet dat Jesus belangriker is as Moses, en so is die een wat 'n huis bou, ook belangriker as die huis wat hy gebou het. Want dit is 'n mens wat 'n huis bou, maar dit is God wat alles gemaak het wat daar is.
HEBREËRS 3:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis; want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.
HEBREËRS 3:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus is groter heerlikheid waardig geag as Moses, net soos die een wat 'n huis bou, meer eer waardig is as die huis. Elke huis word deur iemand gebou, maar God is die Een wat alles gebou het.
HEBREËRS 3:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy is inderdaad groter heerlikheid waardig geag as Moses – soos wat die bouer van die huis meer aansien het as die huis self. Elke huis word immers deur iemand gebou, maar God is die Een wat alles gebou het.
HEBREËRS 3:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hierdie man is meer eer waardig geag as Moses, omdat hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis. Want elke huis word deur iemand gebou; maar Hy wat alles gebou het, is God.