HEBREËRS 2:10
HEBREËRS 2:10 Bybel vir almal (ABA)
God het alles gemaak, en alles is daar om Hom te eer, Hy wou baie mense na Hom, die Koning, bring. Daarom moes Hy vir Jesus baie swaar laat kry en Hy moes vir Jesus laat sterf. Jesus moes sy werk heeltemal klaar doen en Hy moes die Leier word wat mense red.
HEBREËRS 2:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
HEBREËRS 2:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heerlikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring.
HEBREËRS 2:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit was immers gepas dat Hy, vir en deur wie alles bestaan, ten einde baie kinders tot heerlikheid te lei, die Leidsman van hulle verlossing deur lyding tot volmaaktheid sou bring.
HEBREËRS 2:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dit het Hom geword, vir wie alle dinge is en deur wie alle dinge is, deur baie seuns tot heerlikheid te bring, om die owerste van hulle verlossing deur lyding volmaak te maak.
HEBREËRS 2:10 Die Boodskap (DB)
Maar nou is dit anders. Juis omdat Hy so gely het, het God Hom ’n belangriker posisie as die hemelwesens gegee. In die oë van almal is Hy nou so belangrik soos ’n koning vir sy onderdane is. Dit was egter goed dat God Jesus vir ’n kort rukkie minder belangrik as die hemelse wesens gemaak het. So kon Hy as mens sy lewe in ons plek gee. God het alles gemaak en alles wat bestaan, bestaan net vir Hom. Hy wil ook hê dat baie mense hemel toe moet gaan. Daarom is daar niks mee verkeerd dat Hy Jesus laat ly het sodat daar geen twyfel kan bestaan dat Jesus absoluut volmaak is nie. Jesus is immers die Een wat mense moet red.
HEBREËRS 2:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak.