HEBREËRS 13:14-16
HEBREËRS 13:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Want hier op die aarde het ons nie 'n stad wat vir altyd daar sal wees nie, maar ons wil graag die stad hê wat later sal kom. Jesus help vir ons, en daarom moet ons aanhou om 'n offer vir God te bring, ons moet Hom prys sodat almal dit kan hoor. Julle moenie vergeet om baie goeie dinge te doen nie, julle moet graag van julle eie goed vir ander mense gee, want God is baie tevrede met daardie soort offers.
HEBREËRS 13:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige. Laat ons dan gedurig deur Hom aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely. Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het 'n welbehae aan sulke offers.
HEBREËRS 13:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
want ons het in hierdie wêreld geen vaste verblyfplek nie, ons is op soek na die toekomstige. Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.
HEBREËRS 13:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons is op soek na die toekomstige stad. Laat ons dan deur Hom voortdurend 'n lofoffer aan God bring – dit is die vrug van lippe wat sy Naam saam bely. En moenie versuim om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want God het behae in sodanige offers.
HEBREËRS 13:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hier het ons geen blywende stad nie, maar ons soek een wat kom. Laat ons dan gedurigdeur deur Hom die lofoffer aan God bring, dit is die vrug van ons lippe wat sy Naam loof. Maar om goed te doen en te praat, moenie vergeet nie, want in sulke offers het God 'n welbehae.
HEBREËRS 13:14-16 Die Boodskap (DB)
Ons eintlike plek waar ons gaan bly, is mos nie op aarde nie, maar ons sien uit na die blyplek wat aan die kom is. Laat ons God daarom gedurig prys en mooi dinge oor Hom sê omdat Jesus dit vir ons moontlik maak. Dít moet mense doen wat openlik sê dat hulle aan God behoort. Onthou ook om goed te wees vir ander mense. Gee ook vir hulle van dit wat jy het. God hou daarvan as ons so maak.
HEBREËRS 13:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want ons het hier geen blywende stad nie; ons hunker na die komende stad van God. Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ’n voortdurende offer van lofprysing aan God – ’n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely. Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak.