HEBREËRS 13:1-3
HEBREËRS 13:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Julle is gelowiges, julle moet aanhou om lief te wees vir mekaar. Julle moet aanhou om vriendelik te wees met vreemdelinge, want party mense wat dit gedoen het, was vriendelik met engele, maar hulle het nie geweet dat dit engele is nie. Julle moet aanhou dink aan die gevangenes, julle moet voel soos mense wat self ook gevangenes is. Julle moet ook dink aan die mense wat swaarkry, julle moet self voel soos mense wat 'n liggaam het en wat swaarkry.
HEBREËRS 13:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook 'n liggaam het.
HEBREËRS 13:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
As broers moet julle mekaar altyd liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.
HEBREËRS 13:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die broederliefde moet bly! Moenie versuim om gasvry te wees nie, want hierdeur het sommige, sonder dat hulle dit weet, engele as gaste ontvang. Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, aan hulle wat mishandel word asof julle dit self aan julle liggaam beleef.
HEBREËRS 13:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat broederliefde voortduur. Moenie vergeet om vreemdelinge te onthaal nie, want daardeur het sommige engele onverhoeds onthaal. Dink aan die wat in boeie is, soos aan hulle gebonde; en die wat swaarkry, soos julle self ook in die liggaam.
HEBREËRS 13:1-3 Die Boodskap (DB)
Julle moet in liefde lojaal bly teenoor mekaar soos broers dit doen. Wees gasvry, want dit het al gebeur dat mense hemelse wesens vriendelik ontvang het sonder om eens agter te kom wat hulle regtig was. Moenie die mense wat in die tronk is, vergeet nie. Dit moet vir julle wees asof julle self in die tronk is. Net so moet julle meegevoel hê met die mense wat sleg behandel word en swaarkry, asof dit julle self is met wie dit gebeur.
HEBREËRS 13:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle moet mekaar steeds met ware broederliefde liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie. Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang! Moenie hulle wat in die tronk is, vergeet nie. Ly saam met hulle asof julle self daar sit. Deel in die seer van hulle wat mishandel word asof julle dit aan julle eie liggaam voel.