HEBREËRS 12:5-6
HEBREËRS 12:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Het julle vergeet dat die Here vir julle bemoedig het omdat julle sy kinders is? Hy het gesê: My seun, die dinge wat die Here vir jou leer, moet belangrik wees vir jou, jy moenie moedeloos word wanneer Hy jou straf nie, want Hy leer vir jou omdat Hy lief is vir jou, Hy straf elke seun wat Hy aanneem.
HEBREËRS 12:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
HEBREËRS 12:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.”
HEBREËRS 12:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En julle het die aansporing wat julle as kinders aanspreek, heeltemal vergeet: “My seun, moenie die dissiplinering van die Here geringskat nie, en moenie moedeloos word wanneer jy deur Hom bestraf word nie; want die een vir wie die Here liefhet, tug Hy, en Hy straf elke seun wat Hy aanneem.”
HEBREËRS 12:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle het die vermaning vergeet wat tot julle spreek soos tot kinders: My seun, verag die tugtiging van die Here nie, en moenie beswyk as jy deur Hom bestraf word nie. Want wie die Here liefhet, tugtig Hy en gésel Hy elke seun wat Hy aanneem.
HEBREËRS 12:5-6 Die Boodskap (DB)
Boonop lyk dit of julle vergeet het hoe God sy kinders moed inpraat: “My kind, moenie dit sommer van jou afskud as die Here jou straf nie. Moenie sommer tou opgooi as Hy jou op jou foute wys nie. As die Here iemand liefhet, wys Hy hom wat Hy van hom verwag, al maak dit soms seer. Daarom tree Hy soms ook hard op teenoor sy kinders.”
HEBREËRS 12:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle het ook vergeet van die woord van aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, jy moet dit nie geringskat as die Here jou dissiplineer nie. Moenie ontmoedig word as Hy jou aanspreek nie. Die Here dissiplineer juis die mense vir wie Hy lief is; Hy tug elkeen wat Hy as sy kind aanneem.”