HEBREËRS 12:5
HEBREËRS 12:5 Bybel vir almal (ABA)
Het julle vergeet dat die Here vir julle bemoedig het omdat julle sy kinders is? Hy het gesê: My seun, die dinge wat die Here vir jou leer, moet belangrik wees vir jou, jy moenie moedeloos word wanneer Hy jou straf nie
HEBREËRS 12:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie
HEBREËRS 12:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie
HEBREËRS 12:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En julle het die aansporing wat julle as kinders aanspreek, heeltemal vergeet: “My seun, moenie die dissiplinering van die Here geringskat nie, en moenie moedeloos word wanneer jy deur Hom bestraf word nie
HEBREËRS 12:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle het die vermaning vergeet wat tot julle spreek soos tot kinders: My seun, verag die tugtiging van die Here nie, en moenie beswyk as jy deur Hom bestraf word nie.