HEBREËRS 12:3-4
HEBREËRS 12:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Dan sal julle nie uitsak en tou opgooi nie. Julle het in die geveg teen die sonde nog nie tot die dood toe teenstand gebied nie.
HEBREËRS 12:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet goed onthou dat Jesus geduldig was toe die sondaars slegte dinge teen Hom gesê en gedoen het. Julle moet aan Jesus dink sodat julle nie moeg en moedeloos word nie. Julle probeer hard om nie sonde te doen nie, maar julle het nog nie so hard teen die sonde geveg dat mense vir julle wil doodmaak nie.
HEBREËRS 12:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want julle moet ag gee op Hom wat so 'n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
HEBREËRS 12:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie. Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle 'n stryd om lewe of dood geword het nie.
HEBREËRS 12:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dink inderdaad aan Hom wat so 'n vyandigheid van die kant van sondaars teen Hom verduur het, sodat julle nie geestelik moeg raak en uitsak nie. Julle het nog nie ten bloede toe teenstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
HEBREËRS 12:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want let op hom wat so 'n teëspraak van sondaars teen homself verduur het, sodat julle nie moeg en moeg word in julle sinne nie. Julle het nog nie tot bloed verset, teen sonde gestry nie.
HEBREËRS 12:3-4 Die Boodskap (DB)
Hou Hom gedurig in gedagte. Dink aan alles wat Hy moes deurmaak, ja, aan al die slegte dinge wat die sondige mense aan Hom gedoen het. As julle sy voorbeeld volg, sal julle nooit moedeloos word en tou opgooi nie. Julle het nog nie regtig so swaargekry as wat julle kan nie. In julle stryd teen al die slegte dinge het julle nog nie by die punt gekom waar julle moes kies tussen lewe en dood nie.