HEBREËRS 12:10-13
HEBREËRS 12:10-13 Bybel vir almal (ABA)
Want ons pa's het ons vir 'n kort rukkie geleer soos hulle gedink het dit is goed. Maar ons hemelse Vader leer vir ons hier op die aarde omdat dit goed is vir ons en omdat Hy wil hê ons moet gewyd wees, ons moet heilig wees, soos Hy heilig is. En elke maal wanneer Hy vir ons leer, dan voel dit vir ons soos iets om oor te huil en nie soos iets om oor bly te wees nie. Maar God het vir ons so geleer en ge-oefen dat ons later sal doen wat Hy wil hê en vrede sal maak. Julle is moedeloos, maar julle moet sterk glo. En julle moet aanhou om op die reguit pad te loop, dan sal die swak gelowiges wat vir julle volg, opstaan en doen wat God sê, hulle sal nie meer wees soos mense wat lam is nie.
HEBREËRS 12:10-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want húlle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word. Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
HEBREËRS 12:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God. Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word.
HEBREËRS 12:10-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want hulle het ons vir 'n kort rukkie getug volgens dit wat vir hulle reg gelyk het, maar Hy tot ons beswil, sodat ons deel kan kry aan sy heiligheid. Op die oomblik lyk elke tugtiging wel nie of dit blydskap bring nie, maar droefheid. Later lewer dit egter 'n vredevolle vrug op vir hulle wat daardeur ingeoefen is: 'n vrug van •geregtigheid. Daarom, tel op die slap hande en die lam knieë, en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat lam is, nie dalk mag swik nie, maar eerder gesond kan word.
HEBREËRS 12:10-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hulle het ons voorwaar 'n paar dae lank getugtig na hul eie welbehae; maar hy tot ons voordeel, sodat ons deel kan hê aan sy heiligheid. Nou lyk geen tugtiging op die oomblik vreugdevol nie, maar swaar; nogtans lewer dit later die vreedsame vrug van geregtigheid op vir die wat daardeur geoefen word. Daarom, hef die afhangende hande en die swak knieë op; En maak reguit paaie vir julle voete, dat die kreupele nie uit die pad gedraai word nie; maar laat dit liewer genees word.
HEBREËRS 12:10-13 Die Boodskap (DB)
Ons aardse pa het ons ’n klompie jare grootgemaak so goed hy kon. Soms moes hy ons ook straf. Maar met God is daar soveel meer op die spel. Hy moet ons reghelp vir ons eie beswil, sodat ons uiteindelik net soos Hy heilig kan wees. Dit is nie lekker om gestraf te word nie, want dit maak seer, maar later pluk ons die vrugte. Iemand wat sy les uit die straf geleer het, sal ’n mens word wat doen wat God wil hê en daarom in vrede leef. Julle moet nie soos ’n klomp geestelike swakkelinge leef nie. Wees entoesiasties oor wat julle as Christene doen. Loop julle lewenspad met soveel oortuiging dat die mense wat agter julle aankom en maar ’n bietjie sukkel, hulle gesukkel sal afgooi en met net soveel oortuiging as julle hulle lewenspad verder sal loop.
HEBREËRS 12:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons vaders het ons vir ’n kort tydjie gedissiplineer soos hulle dit goedgevind het, maar God doen dit beslis tot ons beswil, met die doel om ons te laat deel in sy heiligheid. Elke vorm van tug lyk vir ons op die oomblik meer na ’n rede vir trane as vir blydskap, maar later sal dit vir hulle wat daardeur gedissiplineer is, ’n vredevolle oes oplewer van ’n lewe volgens die wil van God. Versterk daarom daardie hande wat slap geword het en die knieë wat knak, en maak julle hardloopbane reguit. Dan sal die lam ledemate nie ingee nie, maar eerder beter word.