HEBREËRS 12:1
HEBREËRS 12:1 Bybel vir almal (ABA)
Ons het 'n groot klomp getuies rondom ons, en daarom moet ons alles los wat ons kan keer om te doen wat ons moet doen, ja, ons moet ook die sonde los wat so maklik vir ons kan vashou. Daarom moet ons ook aanhou om te glo soos iemand wat aanhou om in 'n resies te hardloop wat hy moet klaarmaak.
HEBREËRS 12:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê
HEBREËRS 12:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop
HEBREËRS 12:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, terwyl ons ook so 'n groot wolk getuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop
HEBREËRS 12:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, aangesien ons ook deur so 'n groot wolk van getuies omsingel is, laat ons elke las aflê en die sonde wat ons so maklik tref, en laat ons die wedloop wat voor ons lê, met geduld hardloop
HEBREËRS 12:1 Die Boodskap (DB)
Die lewe is soos ’n wedloop. Op die pawiljoen het ons ’n skare mense wat voor ons met geloof en vertroue in God geleef het. Hulle moedig ons aan om gelowig vol te hou met die wedloop. Laat ons dan ontslae raak van enigiets wat ons hinder om die wedloop van die lewe behoorlik te hardloop. Dit is veral die sonde wat ons gedurig wil pootjie. Laat ons soos die ander gelowiges hardloop met alles wat ons het.
HEBREËRS 12:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê