HEBREËRS 11:39-40
HEBREËRS 11:39-40 Bybel vir almal (ABA)
Die Ou Testament sê vir ons dat God tevrede was met al hierdie voorouers van ons omdat hulle in Hom geglo het. Maar Hy het nie vir hulle die dinge gegee wat Hy belowe het nie. God het dit gedoen omdat Hy 'n beter plan gehad het vir ons wat in Christus glo. God wou hê dat hulle en ons almal saam moet wees soos Hy wil hê ons moet wees.
HEBREËRS 11:39-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.
HEBREËRS 11:39-40 Afrikaans 1983 (AFR83)
En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie.
HEBREËRS 11:39-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En hoewel daar oor al hierdie mense vanweë hulle geloof met lof getuig is, het hulle nie die belofte ontvang nie, aangesien God iets beters vir ons voorsien het, sodat hulle nie sonder ons volmaak gemaak sou word nie.
HEBREËRS 11:39-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nadat hulle almal deur die geloof 'n goeie verslag verkry het, het hulle die belofte nie aangeneem nie. God het vir ons iets beters voorsien, sodat hulle sonder ons nie volmaak sou word nie.
HEBREËRS 11:39-40 Die Boodskap (DB)
Hoewel daar soveel mooi dinge oor hierdie mense gesê is omdat hulle so op God vertrou het, het hulle ook nog nie alles gekry wat God vir hulle beloof het nie. God het ’n ander, baie beter plan met ons almal. Hulle sal nie alleen nie, maar saam met ons alles volledig kry wat God vir ons almal wil en sal gee.
HEBREËRS 11:39-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En alhoewel daar oor hulle almal op grond van hulle geloof met soveel lof getuig is, het nie een van hulle ten volle verkry wat God beloof het nie. Die rede daarvoor is dat God met ons in gedagte iets beters beoog het sodat hulle nie sonder ons volmaaktheid sou bereik nie.