HEBREËRS 10:1-4
HEBREËRS 10:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die wet bevat immers net 'n afskaduwing van die toekomstige goeie dinge, nie 'n presiese weergawe daarvan nie. Daarom kan dit nooit deur dieselfde offers, wat onophoudelik jaar ná jaar gebring word, diegene wat kom aanbid, tot volmaaktheid bring nie. Sou hulle nie andersins opgehou het om offers te bring, omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie? Maar deur dié offers word hulle nou jaarliks aan hulle sondes herinner; want die bloed van bulle en bokke kan onmoontlik sondes wegneem.
HEBREËRS 10:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Want die Wette van Moses is soos 'n skaduwee van die goeie dinge wat sal kom. Die wette is minder belangrik. Die wette het nie gewys dat hulle die goeie dinge self is nie. Die priesters bring elke jaar dieselfde offers, hulle hou nie op om dit te doen nie, maar hierdie offers kan nooit die mense heeltemal reinig wat na God toe kom om Hom te dien nie. As mense vir God offers bring en die offers reinig die mense net een maal, vir altyd, dan sal hulle weet dat daar nie meer sondes in hulle lewe is nie. En dan sal hulle ophou om offers vir God te bring. Maar nou laat die offers ons onthou dat ons sondes gedoen het, die offers wat die priesters elke jaar bring, want die bloed van bulle en bokke kan glad nie sondes wegneem nie.
HEBREËRS 10:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT die wet, wat 'n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. Maar in dié offers is daar jaar na jaar 'n herinnering aan die sondes; want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.
HEBREËRS 10:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vrymaak nie. As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring. Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes, omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.
HEBREËRS 10:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die wet bevat immers net 'n afskaduwing van die toekomstige goeie dinge, nie 'n presiese weergawe daarvan nie. Daarom kan dit nooit deur dieselfde offers, wat onophoudelik jaar ná jaar gebring word, diegene wat kom aanbid, tot volmaaktheid bring nie. Sou hulle nie andersins opgehou het om offers te bring, omdat die aanbidders, nadat hulle een maal gereinig is, nie meer enige besef van sonde sou hê nie? Maar deur dié offers word hulle nou jaarliks aan hulle sondes herinner; want die bloed van bulle en bokke kan onmoontlik sondes wegneem.
HEBREËRS 10:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die wet wat 'n skaduwee het van toekomstige goeie dinge, en nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit met daardie offers wat hulle jaar na jaar gedurig gebring het, die wat daartoe kom, volmaak maak nie. Want sou hulle dan nie opgehou het om geoffer te word nie? omdat die aanbidders wat eenmaal gereinig is, geen gewete meer van sondes moes gehad het nie. Maar in daardie offers is daar elke jaar weer 'n herinnering aan sondes. Want dit is nie moontlik dat die bloed van bulle en bokke sondes wegneem nie.
HEBREËRS 10:1-4 Die Boodskap (DB)
Die ou wet het ons maar net ’n vae idee gegee van al die wonderlike dinge wat God nog vir ons sou doen. Dit was soos ’n skaduwee wat ’n mens waarsku dat die regte persoon op pad is. Dag na dag, jaar na jaar, het mense dieselfde offers gebring, maar dit kon nie hulle saak met God heeltemal regmaak nie. Dink net daaraan, as die offers regtig gehelp het, sou hulle mos daarmee opgehou het. Dan sou hulle saak met God mos reg gewees het en sou hulle sondes hulle nie langer gepla het nie. Maar al die offers herinner hulle nou juis aan al die foute wat hulle gedurig maak. Die bloed van bulle of bokke kan mos nie regtig maak dat God Hom nie meer aan al hulle foute steur nie.
HEBREËRS 10:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die offerstelsel onder die wet van Moses is maar net ’n skadubeeld van die goeie dinge wat sou kom, nie ’n lewensgetroue weergawe daarvan nie. Die offers onder die ou stelsel is oor en oor herhaal, van jaar tot jaar, maar hulle kon dié wat hulle gebring het, nooit heeltemal reinig nie. As die offers dit wel gedoen het, sou dié wat kom aanbid het, nadat hulle een maal gereinig is, geen skuldgevoelens meer oorgehou het nie en sou hulle mos opgehou het om offers te bring. Maar nou gebeur net die teenoorgestelde. Hierdie jaarlikse offers herinner hulle juis jaar na jaar aan hulle sondes, want die bloed van bulle en bokke kan onmoontlik die sondes wegneem.