HAGGAI 2:8-9
HAGGAI 2:8-9 Bybel vir almal (ABA)
“Al die silwer en al die goud is Myne,” sê die Here wat oor alles regeer. “Hierdie tempel sal mooier wees as die tempel wat voorheen hier was.” Dit sê die Here wat oor alles regeer. “In hierdie tempel sal dit goed gaan,” sê die Here wat oor alles regeer.
HAGGAI 2:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare. Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.
HAGGAI 2:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige. Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige.
HAGGAI 2:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Aan My behoort die silwer en aan My behoort die goud,’ is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte. ‘Die heerlikheid van hierdie huis sal groot wees, nog groter as tevore,’ sê die HERE, Heerser oor alle magte. ‘En op hierdie plek sal Ek vrede gee,’ is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte.”
HAGGAI 2:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die silwer is myne en die goud is myne, spreek die HERE van die leërskare. Die heerlikheid van hierdie laaste huis sal groter wees as van die vorige, spreek die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.
HAGGAI 2:8-9 Die Boodskap (DB)
Maar daar is nog iets wat julle moet weet: dit is dat al die silwer en die goud op aarde in elk geval Myne is. Mense sal in die toekoms hierdie tempel wat nuut gebou is, nog meer bewonder as die oorspronklike een. In hierdie land waar my huis staan, sal my volk vrede en voorspoed geniet. Ek sal daarvoor sorg!”
HAGGAI 2:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die silwer en die goud behoort aan My, sê die HERE, die Almagtige. Die toekomstige roem van hierdie tempel sal baie groter wees as wat dit in die verlede was, sê die HERE, die Almagtige. Ek sal in hierdie plek vrede bewerkstellig. Ek, die HERE, die Almagtige, bevestig dit!”