HAGGAI 1:1-2
HAGGAI 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met Serubbabel en Jesua gepraat. Hy het die profeet Haggai gestuur om vir hulle 'n boodskap te bring. Dit was op die eerste dag van die sesde maand in die tweede jaar nadat Darius koning geword het. Serubbabel was die goewerneur van Juda en hy was die seun van Sealtiël. Jesua was die hoëpriester en hy was die seun van Josadak. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Hierdie mense sê dit is nog nie die regte tyd om die tempel van die Here weer te bou nie.”
HAGGAI 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN die tweede jaar van koning Daríus, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en tot Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en gesê: So spreek die HERE van die leërskare: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die huis van die HERE gebou moet word nie.
HAGGAI 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van die Here het deur die profeet Haggai gekom tot Serubbabel, seun van Sealtiël en goewerneur van Juda, en tot die hoëpriester Jesua seun van Josadak. Dit was op die eerste dag van die sesde maand in die tweede regeringsjaar van koning Darius. So sê die Here die Almagtige: Hierdie volk sê dit is nie nou die tyd om die tempel te herbou nie.
HAGGAI 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die tweede regeringsjaar van koning Darius, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die HERE by monde van die profeet Haggai gekom tot Serubbabel, seun van Sealtiël en •streekgoewerneur van Juda, en tot Josua, die hoëpriester en seun van Jehosadak: “So sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘Hierdie volk sê die tyd is nog nie ryp om die HERE se huis te herbou nie.’ ”
HAGGAI 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die tweede jaar van koning Daríus, in die sesde maand, op die eerste dag van die maand, het die woord van die HERE deur die profeet Haggai gekom tot Serubbabel, die seun van Sealtiël, die goewerneur van Juda, en tot Josua, die seun van Josédek, die hoëpriester, sê: So spreek die HERE van die leërskare en sê: Hierdie volk sê: Die tyd het nie gekom nie, die tyd dat die huis van die HERE gebou moet word.
HAGGAI 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Die Here wou ’n boodskap aan Serubbabel en Jesua stuur en daarvoor het Hy Haggai gebruik. Serubbabel was in hierdie stadium die hoof van Juda en Jesua was die hoëpriester. Serubbabel se pa se naam was Seältiel en Josadak was Jesua se pa. Dit het gebeur op 29 Augustus 520 v.C. in die tweede jaar wat Darius koning was. Niemand het soveel mag as die Here nie. Hy sê dat die mense van Juda die tempel weer moet opbou. Hulle was gevang en uit hulle land uit weggevat na Babel toe. Nou is hulle terug in hulle land. Maar vandat hulle terug is, het hulle nog nie weer daaraan gedink om die Here se tempel te herbou nie.
HAGGAI 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op 29 Augustus, in die tweede jaar wat Darius koning was, het die HERE die profeet Haggai gebruik om ’n boodskap aan Serubbabel en Jesua oor te dra. Serubbabel, die seun van Sealtiël, was goewerneur van Juda, en Jesua, die seun van Josadak, was die hoëpriester. “Die HERE, die Almagtige, sê: Die mense sê: ‘Die tyd het nog nie aangebreek om die huis van die HERE, die tempel, te herbou nie.’”