HABAKUK 3:17-19
HABAKUK 3:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Die vyeboom kry nie blare nie, en daar is nie druiwe aan die wingerdstok nie. Daar is niks olywe nie, en ons het nie koring in ons koringlande nie. Die vyande het ons skape en bokke uit ons kampe weggevat, en daar is nie beeste in die kraal nie. Maar ek is bly. Ek juig oor alles wat die Here doen, Hy is die God wat my red. Die Here maak my sterk. Hy help my om veilig te loop oor hoë berge, so maklik soos 'n ribbok daar loop.
HABAKUK 3:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
HABAKUK 3:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.
HABAKUK 3:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al sou vyebome nie bot nie, daar geen opbrengs aan die wingerdstokke wees nie, die drag van die olyfbome teleurstel, die landerye niks te ete lewer nie, kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle oor wees nie; nogtans sal ek jubel in die HERE, sal ek juig in die God wat my verlos. Die HERE, my Heer, is my krag, Hy maak my voete soos wildsbokke, op my hoë plekke laat Hy my loop.
HABAKUK 3:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al sal die vyeboom nie blom nie, en daar sal geen vrugte aan die wingerde wees nie; die arbeid van die olyf sal ophou, en die lande sal geen vleis oplewer nie; die kleinvee moet uit die kraal uitgeroei word, en daar mag geen beeste in die stalle wees nie; Maar ek sal jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE God is my sterkte, en Hy sal my voete maak soos dié van herte, en Hy sal my laat loop op my hoogtes. Aan die hoofsanger op my snaarinstrumente.
HABAKUK 3:17-19 Die Boodskap (DB)
My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie. Al dra die vyeboom nie vye nie en is daar nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; of al vrek die skape en die beeskrale is leeg, sal ek die Here met ’n hart vol blydskap dien. Ek het al ervaar hoe die Here my uit moeilike omstandighede red. Die Here wat as koning regeer, gee vir my die krag wat ek nodig het. Hy maak dit vir my moontlik om probleme sonder moeite te kan hanteer. (’n Nota vir die afrigter van die koor: Snaarinstrumente moet saam met die gebed gespeel word).
HABAKUK 3:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Selfs al sal die vyebome nie bot nie en die wingerd sonder druiwe staan, al het die olyfoes misluk, en lewer die landerye niks op nie, al vergaan die kleinvee in die veld en is die beeskrale leeg; tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die HERE! Ek sal juig oor God wat my verlos! Die oppermagtige HERE is my krag! Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Vir die musiekleier: Die psalm moet met snaarinstrumente begelei word.)