HABAKUK 3:16-18
HABAKUK 3:16-18 Die Boodskap (DB)
Toe ek hierdie dinge gehoor het, het ek aan die ruk gegaan en my lippe het gebewe omdat ek bang was. ’n Lam gevoel het oor my gekom en my bene het onder my padgegee. Ek het besluit dat ek rustig en stil sal wag vir die dag wanneer die Here se straf gaan kom oor die Babiloniërs wat Juda ingeval het. My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie. Al dra die vyeboom nie vye nie en is daar nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; of al vrek die skape en die beeskrale is leeg, sal ek die Here met ’n hart vol blydskap dien. Ek het al ervaar hoe die Here my uit moeilike omstandighede red.
HABAKUK 3:16-18 Bybel vir almal (ABA)
Ek hoor dit en ek skrik. My lippe bewe, my hele liggaam word lam, my bene ruk. Ek bly stil en ek wag dat die dag moet kom. Ek wag vir die dag wanneer daardie volk ook swaar sal kry, die volk wat teen ons oorlog gemaak het. Die vyeboom kry nie blare nie, en daar is nie druiwe aan die wingerdstok nie. Daar is niks olywe nie, en ons het nie koring in ons koringlande nie. Die vyande het ons skape en bokke uit ons kampe weggevat, en daar is nie beeste in die kraal nie. Maar ek is bly. Ek juig oor alles wat die Here doen, Hy is die God wat my red.
HABAKUK 3:16-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons 'n aanval maak. Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
HABAKUK 3:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe ek hierdie dinge hoor, het ek gesidder, my lippe het gebewe, my hele liggaam het lam geword, my bene het aan die ruk gegaan. Tog sal ek geduldig wag dat die dag van die oordeel moet kom oor die volk deur wie ons aangeval is. Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.
HABAKUK 3:16-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe ek dit hoor, het my ingewande geril, vir die geluid daarvan het my lippe gebewe, 'n lamheid het in my gebeente gekom; ja, ek het daar gestaan en bewe, want ek moes wag vir die dag van benoudheid om aan te breek vir die volk wat ons aanval. Al sou vyebome nie bot nie, daar geen opbrengs aan die wingerdstokke wees nie, die drag van die olyfbome teleurstel, die landerye niks te ete lewer nie, kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle oor wees nie; nogtans sal ek jubel in die HERE, sal ek juig in die God wat my verlos.
HABAKUK 3:16-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe ek dit hoor, het my maag gebewe; my lippe het gebewe van die stem: verrotting het in my gebeente ingekom, en ek het in myself gebewe, dat ek kon rus in die dag van benoudheid; Al sal die vyeboom nie blom nie, en daar sal geen vrugte aan die wingerde wees nie; die arbeid van die olyf sal ophou, en die lande sal geen vleis oplewer nie; die kleinvee moet uit die kraal uitgeroei word, en daar mag geen beeste in die stalle wees nie; Maar ek sal jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
HABAKUK 3:16-18 Die Boodskap (DB)
Toe ek hierdie dinge gehoor het, het ek aan die ruk gegaan en my lippe het gebewe omdat ek bang was. ’n Lam gevoel het oor my gekom en my bene het onder my padgegee. Ek het besluit dat ek rustig en stil sal wag vir die dag wanneer die Here se straf gaan kom oor die Babiloniërs wat Juda ingeval het. My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie. Al dra die vyeboom nie vye nie en is daar nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; of al vrek die skape en die beeskrale is leeg, sal ek die Here met ’n hart vol blydskap dien. Ek het al ervaar hoe die Here my uit moeilike omstandighede red.
HABAKUK 3:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe ek al hierdie dinge hoor, het ek gesidder. My lippe het van vrees gebewe, my liggaam het lam geword, my bene het onder my ingegee. Tog sal ek rustig wag vir die dag wanneer rampspoed dié mense tref wat besig is om ons aan te val. Selfs al sal die vyebome nie bot nie en die wingerd sonder druiwe staan, al het die olyfoes misluk, en lewer die landerye niks op nie, al vergaan die kleinvee in die veld en is die beeskrale leeg; tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die HERE! Ek sal juig oor God wat my verlos!