GENESIS 6:14-16
GENESIS 6:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet die ark maak met verskillende ruimtes en dit van binne en van buite met pik bestryk. Dit is hoe jy dit moet maak: die lengte van die ark driehonderd •el, sy breedte vyftig el en sy hoogte dertig el. 'n Dak moet jy vir die ark maak – een el vanaf die boonste rand moet jy dit afrond. Die opening van die ark moet jy aan die sykant insit. 'n Onderste, middelste en derde verdieping moet jy maak.
GENESIS 6:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet 'n ark maak van hout. Jy moet kamers in die ark maak en jy moet teer binne en buite aan die hout verf. Die teer sal die hout dig toemaak sodat die water nie kan inkom nie. “Dit is hoe groot jy die ark moet maak: Die ark moet 300 el lank, 50 el breed en 30 el hoog wees. Jy moet 'n deksel bo-op die ark maak en dit moet een el hoog wees. Jy moet ook 'n deur aan die kant van die ark insit en daar moet drie verdiepings wees: onder, middel en bo.
GENESIS 6:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maak vir jou 'n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk. Só moet jy dit maak: driehonderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte. 'n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van 'n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met 'n onderste, tweede en derde verdieping maak.
GENESIS 6:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak. Jy moet dit soos volg maak: die lengte van die ark moet honderd vyf en dertig meter wees, sy breedte twee en twintig en 'n half meter en sy hoogte dertien en 'n half meter. Jy moet 'n dak vir die ark maak en sy nok moet jy vyf en veertig sentimeter hoog maak. Verder moet jy 'n deur aan die kant van die ark insit en 'n onderste, middelste en boonste verdieping maak.
GENESIS 6:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maak vir jou 'n ark van goferhout; kamers moet jy in die ark maak en dit van binne en van buite met pik smeer. Dit is die manier waarop jy dit moet maak: Die lengte van die ark moet driehonderd el wees, sy breedte vyftig el en die hoogte daarvan dertig el. 'n Venster moet jy vir die ark maak, en op 'n el moet jy dit bo voltooi; en die ingang van die ark moet jy aan die sykant sit; met 'n onderste, tweede en derde verdiepings moet jy dit maak.
GENESIS 6:14-16 Die Boodskap (DB)
“Bou nou vir jou ’n boot van goferhout. Maak aan die binnekant sommer ’n klomp kamers. Sorg dat jy alles waterdig maak. Smeer dit binne en buite goed met pik. So moet jy dit bou: die lengte van die ark moet 135 meter wees, sy breedte 22,5 meter en sy hoogte 13,5 meter. Maak ook vir die ark ’n dak met ’n spitsnok van 45 sentimeter. Sit ’n deur aan die kant van die ark in. En verdeel die ark in ’n onderste, ’n middelste en ’n boonste verdieping.
GENESIS 6:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy moet ’n groot ark van goferhout maak met verskillende vertrekke binne-in. Verseël dit binne en buite met teer. Dit moet 135 meter lank, 22,5 meter breed en 13,5 meter hoog wees. Voorsien dit van ’n dak waarvan die nok 45 sentimeter hoog is. Dit moet drie verdiepings hê en ’n deur aan die kant.