GENESIS 50:18-20
GENESIS 50:18-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy broers het ook self gegaan, voor hom neergeval en gesê: “Kyk, ons is u slawe.” Maar Josef het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, want is ek in God se plek? Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om 'n groot volk aan die lewe te hou.
GENESIS 50:18-20 Die Boodskap (DB)
Die broers is self na Josef toe en het laag voor hom gebuig en vir hom gesê: “Hier is ons. Ons sal jou slawe wees.” Josef het gesê: “Moet tog nie bang wees nie. Ek is mos nie God nie. Julle het ’n vreeslike ding gedoen, maar God het die slegte ding in iets goeds verander. Baie mense leef vandag en het kos omdat julle my daardie dag verkoop het.
GENESIS 50:18-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sy broers kom toe self en val voor hom neer. “Ons sal u slawe wees,” het hulle gesê. Maar Josef sê vir hulle: “Moenie vir my bang wees nie. Ek is nie in God se skoene om julle te straf nie. Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef.
GENESIS 50:18-20 Bybel vir almal (ABA)
Sy broers kom toe self en buig voor Josef en hulle sê: “Hier is ons. Ons is jou slawe.” Maar Josef het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, ek is nie God nie. Julle het slegte planne gemaak teen my, maar God het dit verander en Hy het dit 'n goeie plan gemaak. Hy het julle plan gebruik om baie mense se lewens te red, tot vandag toe.
GENESIS 50:18-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe. Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
GENESIS 50:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.
GENESIS 50:18-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy broers het ook gegaan en voor sy aangesig neergeval; en hulle sê: Kyk, ons is U dienaars. En Josef sê vir hulle: Moenie vrees nie, want is ek in die plek van God? Maar julle, julle het kwaad teen My gedink; maar God het dit ten goede bedoel om te doen, soos dit vandag is, om baie mense in die lewe te hou.