GENESIS 49:28
GENESIS 49:28 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die twaalf stamme van Israel, en dit is wat hulle pa vir hulle gesê het. Hy het hulle geseën, en hy het vir elke stam sy eie seën gegee.
GENESIS 49:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Húlle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.
GENESIS 49:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is al twaalf die stamme van Israel. So het hulle pa met hulle gepraat toe hy hulle geseën het. Hy het hulle een vir een geseën, elkeen met 'n eie seën.
GENESIS 49:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle almal is die twaalf stamme van Israel; en dit is wat hulle vader vir hulle gesê het toe hy hulle geseën het. Hy het hulle geseën, elkeen met sy gepaste seën.
GENESIS 49:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Al hierdie is die twaalf stamme van Israel; en dit is dit wat hulle vader met hulle gespreek en hulle geseën het; elkeen volgens sy seën het hy hulle geseën.