GENESIS 44:4
GENESIS 44:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?
GENESIS 44:4 Bybel vir almal (ABA)
Die broers was nog nie ver van die stad nie, toe sê Josef vir die bestuurder van sy huis: “Volg daardie manne. As jy by hulle kom, dan moet jy vir hulle vra: ‘Hoekom doen julle slegte dinge aan my? Ek was goed vir julle.
GENESIS 44:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle was nog nie ver uit die stad uit nie, toe sê Josef vir sy hoofamptenaar: “Kom, sit die manne agterna. En as jy hulle ingehaal het, moet jy vir hulle vra: Waarom beantwoord julle die goeie met die slegte?
GENESIS 44:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het die stad verlaat, maar was nog nie ver weg nie, toe sê Josef vir die hoof van sy huishouding: “Maak klaar, sit die manne agterna en wanneer jy hulle inhaal, moet jy vir hulle vra, ‘Waarom het julle goed met kwaad vergeld?
GENESIS 44:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle uit die stad gegaan het, en nog nie ver nie, sê Josef vir sy bestuurder: Staan op, volg die manne agterna; en as jy hulle inhaal, sê vir hulle: Waarom het julle kwaad vir goed vergeld?