GENESIS 42:35-38
GENESIS 42:35-38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En toe, terwyl hulle besig is om hulle sakke leeg te maak, daar is elkeen se toegebinde silwer in sy sak! Toe hulle hulle toegebinde silwer sien, hulle en hulle vader, was hulle beangs. Jakob, hulle vader, het vir hulle gesê: “Julle maak my kinderloos! Josef is nie meer daar nie, en Simeon is nie meer daar nie, en Benjamin wil julle neem. Alles is teen my!” Ruben sê toe vir sy vader: “Pa kan maar my twee seuns doodmaak as ek hom nie na pa terugbring nie. Laat hom in my sorg; ek sal hom persoonlik na pa terugbring.” Maar hy antwoord: “My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en net hy alleen het oorgebly. As 'n noodlottige ramp hom tref op die pad waarop julle gaan, sal julle my grys hare met verdriet in die •doderyk laat afgaan.”
GENESIS 42:35-38 Bybel vir almal (ABA)
Jakob se seuns het hulle sakke leeggemaak, en elkeen kry toe sy beursie en sy geld in sy sak. Toe hulle dit sien, het hulle en hulle pa baie bang geword. Hulle pa Jakob het vir hulle gesê: “Julle vat al my kinders! Josef is dood en Simeon is nie meer hier nie. Nou wil julle vir Benjamin ook vat. Julle maak dit baie swaar vir my.” Ruben sê toe vir sy pa: “Pa mag my twee seuns doodmaak as ek nie vir Benjamin na Pa toe terugbring nie. Pa moet my glo. Laat Benjamin saamgaan met my, en ek belowe dat ek hom vir Pa sal terugbring.” Maar Jakob het gesê: “My seun Benjamin sal nie saam met julle gaan nie, want sy broer is dood en hy het alleen oorgebly. As daar iets sleg met hom op die pad gebeur, dan sal ek, 'n ou man, van hartseer sterf, en dan sal dit julle skuld wees.”
GENESIS 42:35-38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondeltjie geld daar in sy sak! En toe hulle hul bondeltjies geld sien, hulle en hul vader, was hulle bevrees. Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle beroof my van kinders. Josef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle wegneem! Alles is teen my! Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kan my twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe, en ék sal hom na u terugbring. Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle aftrek nie, want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as 'n ongeluk hom oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met kommer in die doderyk laat afdaal.
GENESIS 42:35-38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die seuns hulle graansakke leegmaak, kry elkeen sy beursie met geld in sy sak. Toe hulle dit sien, was hulle en hulle pa baie bang, en het hy vir hulle gesê: “Julle maak my kinderloos. Josef leef nie meer nie, Simeon is nie meer hier nie, en nou wil julle nog vir Benjamin ook wegvat! En ek ly daaronder.” Maar Ruben het vir sy pa gesê: “Pa kan albei my seuns om die lewe bring as ek nie vir Benjamin na Pa toe terugbring nie. Maak my verantwoordelik vir hom, en ek sal hom vir Pa terugbesorg.” Jakob het net gesê: “Sy broer is dood. My seun gaan nie saam met julle nie. Hy is al wat vir my oor is. As iets hom op die pad moet oorkom, sal ek deur julle toedoen in my ouderdom van verdriet sterf.”
GENESIS 42:35-38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se bondel geld in sy sak; en toe hulle sowel as hul vader die bondels geld sien, het hulle bang geword. Toe sê hulle vader Jakob vir hulle: Ek het julle van my kinders beroof; Josef is nie, en Símeon is nie, en julle sal Benjamin wegneem; al hierdie dinge is teen my. En Ruben het met sy vader gespreek en gesê: Maak my twee seuns dood as ek hom nie na jou toe bring nie; gee hom in my hand, en ek sal hom na jou terugbring. Toe sê hy: My seun mag nie saam met jou aftrek nie; want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; as onheil hom tref op die pad waarop julle gaan, dan sal julle my grys hare met droefheid na die graf afbring.
GENESIS 42:35-38 Die Boodskap (DB)
Toe die broers hulle sakke met die koring wou leegmaak, sien elkeen sy geld bo-op lê. Die broers en hulle pa, Jakob, was verslae. Jakob het vir hulle gesê: “Ek gaan weer van ’n kind beroof word. Eers is Josef dood, nou is dit Simeon wat ek dalk nooit weer sal sien nie, en dan wil julle ook nog vir Benjamin van my af wegvat. Hoekom moet sulke dinge altyd met my gebeur?” Ruben het Jakob probeer gerusstel: “Pa kan my twee seuns vat en doodmaak as ek Benjamin nie veilig terugbring nie. Ek sal vir hom sorg en hom veilig na Pa toe terugbring.” Jakob het egter geantwoord: “Nee, Benjamin gaan nie saam met jou nie. Sy broer is dood en hy het alleen agtergebly. As daar nou met hom iets op die pad moet gebeur, sal ek op my oudag in die allerbitterste hartseer sterf.”
GENESIS 42:35-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle het die sakke oopgemaak en kyk! die geld wat elkeen vir die graan betaal het, lê bo in sy sak! Hulle en hulle pa was vreesbevange. Jakob het uitgeroep: “Julle beroof my van my kinders! Josef leef nie meer nie en Simeon is ook weg. Nou wil julle Benjamin ook wegneem. Alles is teen my!” Ruben sê toe vir sy pa: “Pa kan al twee my seuns doodmaak as ek Benjamin nie na Pa toe terugbring nie. Laat hom in my hande en ek sal hom aan Pa terugbesorg.” Maar Jakob sê: “My seun sal beslis nie met julle saamgaan nie. Sy broer Josef is nou al dood en hy is al een wat oor is van sy ma se kinders. As hy op die pad iets oorkom, sal julle my in my ouderdom met smart in die graf laat gaan.”