GENESIS 4:4-5
GENESIS 4:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Abel het die beste uit sy lammers, die eerstelinge van die seisoen, en van hulle vet as offer gebring. Die HERE het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig.
GENESIS 4:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Abel het ook 'n offer vir die Here gebring. Hy het die eerste lammers vir die Here gegee en die lammers se vet ge-offer. Die Here was tevrede met Abel en sy offer. Maar die Here was nie tevrede met Kain en sy offer nie. Kain het toe baie kwaad geword en sy mond was dik.
GENESIS 4:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
GENESIS 4:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abel het dit ook gedoen, van die eerstelinge uit sy kudde, van hulle vet. Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem, maar nie vir Kain en sy offer nie. Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk.
GENESIS 4:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Abel, ook hy het 'n offer gebring uit die eersgeborenes van sy kleinvee, van hulle vet. Die HERE het Abel en sy offer met guns beskou. Maar Kain en sy offer het Hy nie met guns beskou nie. Dit het Kain baie kwaad gemaak en hy was terneergedruk.
GENESIS 4:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Abel, hy het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee en van die vet daarvan gebring. En die HERE het ag geslaan op Abel en sy offer. Maar vir Kain en sy offer het hy geen agting gehad nie. Kain was baie kwaad, en sy aangesig het geval.