GENESIS 4:12
GENESIS 4:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit sal nie meer vir jou ’n goeie oes lewer nie, al werk jy hoe hard daarvoor. Van nou af sal jy ’n vlugteling en ’n swerwer op aarde wees.”
GENESIS 4:12 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy in die grond werk, dan sal die plante nie daar groei nie. Jy sal van een plek na 'n ander plek rondswerf en jy sal nie 'n huis hê nie.”
GENESIS 4:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.
GENESIS 4:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal 'n doellose swerwer op aarde word!”
GENESIS 4:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As jy die grond bewerk, sal dit nie langer sy opbrengs vir jou gee nie. 'n Doellose swerwer sal jy op die aarde wees.”