GENESIS 39:8-9
GENESIS 39:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Maar Josef het geweier en hy het vir haar gesê: “Nee, Meneer weet dat ek alles in sy huis goed sal oppas. Ek mag van alles gebruik wat hy het, maar ek mag nie seks hê met jou nie, want jy is sy vrou. Ek mag nie hierdie baie verkeerde ding doen nie. Dit is sonde teen God.”
GENESIS 39:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee. Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?
GENESIS 39:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar hy wou nie en hy het vir sy eienaar se vrou gesê: “Meneer steur hom aan niks vandat ek hier is nie. Wat hy besit, het hy onder my sorg geplaas. Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag het as ek nie. Meneer het niks van my teruggehou nie, behalwe vir u, want u is sy vrou. Hoe kan ek so 'n verkeerde ding doen? Ek sal mos teen God sondig!”
GENESIS 39:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy het geweier en vir die vrou van sy eienaar gesê: “Kyk, met my hier bemoei my heer hom met niks in die huis nie. Alles wat hy besit, het hy in my hande gelaat. Hy is in hierdie huis nie belangriker as ek nie. Hy het van my niks weerhou nie, behalwe u, omdat u sy vrou is. Hoe kan ek dan hierdie verskriklike kwaad doen en teen God sondig?”
GENESIS 39:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, my heer weet nie wat by my in die huis is nie, en hy het alles wat hy het, aan my oorgegee; Daar is niemand groter in hierdie huis as ek nie; en hy het niks van my teruggehou behalwe vir jou nie, omdat jy sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot boosheid doen en teen God sondig?
GENESIS 39:8-9 Die Boodskap (DB)
Josef het geweier en gesê: “U man het alles in hierdie huis aan my toevertrou. Hy doen niks as hy my nie eers vra nie. In hierdie huis het ek die meeste mag en u man sal my alles gee wat ek vra. Behalwe natuurlik u, sy vrou. Hoe kan ek nou sy vertroue skend en by u gaan slaap? So iets is baie verkeerd en ’n groot sonde teen God.”
GENESIS 39:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Josef het geweier. “Kyk,” sê hy vir haar, “my meester vertrou my met alles in sy hele huishouding. Niemand het meer gesag daaroor as ek nie. Hy het niks van my weerhou nie, behalwe u, omdat u sy vrou is. Hoe kan ek ooit so ’n slegte ding doen? Ek sal mos teen God oortree.”