GENESIS 39:21-23
GENESIS 39:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het. Hy het vir Josef in beheer geplaas van al die gevangenes in die tronk en van wat hulle moes doen. Josef was vir alles verantwoordelik, en die tronkbewaarder het nie meer na iets omgesien nie; alles was in Josef se hande, want die Here was by hom. Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.
GENESIS 39:21-23 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Here was by Josef en Hy het hom gehelp. Daarom was die hoof van die tronk ook vriendelik met Josef. Hy het Josef die hoof gemaak oor al die gevangenes in die tronk. Josef moes kyk dat alles reg gaan in die tronk. Die hoof van die tronk het hom oor niks in die tronk bekommer nie, want Josef het gekyk dat alles reg gaan. Die Here was by Josef, en dit het goed gegaan met alles wat hy gedoen het.
GENESIS 39:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen. Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees.
GENESIS 39:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het. Hy het vir Josef in beheer geplaas van al die gevangenes in die tronk en van wat hulle moes doen. Josef was vir alles verantwoordelik, en die tronkbewaarder het nie meer na iets omgesien nie; alles was in Josef se hande, want die Here was by hom. Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.
GENESIS 39:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar die HERE was met Josef en het in sy troue liefde na hom uitgereik. Hy het aan hom guns geskenk in die oë van die hoof van die gevangenis. Die hoof van die gevangenis het al die gevangenes wat in die gevangenis was, onder Josef se beheer geplaas. Alles wat daar gedoen moes word, het hy gedoen. Die hoof van die gevangenis het nie omgesien na enigiets wat onder Josef se beheer was nie, want die HERE was met hom; en wat hy gedoen het, het die HERE laat slaag.
GENESIS 39:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die HERE was met Josef, en Hy het barmhartigheid aan hom bewys en hom guns gegee in die oë van die bewaarder van die gevangenis. En die bewaarder van die gevangenis het al die gevangenes wat in die gevangenis was, aan Josef se hand oorgegee; en wat hulle ook al daar gedoen het, hy was die dader daarvan. Die bewaarder van die gevangenis het na niks gekyk wat onder sy hand was nie; omdat die HERE met hom was, en wat hy gedoen het, het die HERE dit voorspoedig gemaak.
GENESIS 39:21-23 Die Boodskap (DB)
Die Here was saam met Josef in die tronk. Hy het vir Josef gewys Hy is lief vir hom en die Here het gemaak dat die hoof van die tronk sommer baie van Josef gehou het. Die tronkhoof het Josef toe oor al die gevangenes aangestel. Wat ook al gedoen moes word, het Josef gedoen. Omdat die Here by Josef was, was die hoof van die tronk oor niks bekommerd nie. Hy het alles aan Josef oorgelaat en die Here het Josef gehelp, sodat alles goed gegaan het.
GENESIS 39:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
was die HERE ook met Josef. Hy het sy getrouheid aan Josef bewys deurdat die tronkbewaarder hom goedgesind was. Spoedig het die tronkbewaarder Josef oor die ander gevangenes aangestel en oor alles wat in die tronk moes gebeur. Die tronkbewaarder het geen bekommernis gehad nie, want Josef het oor alles toesig gehou. Die HERE was met hom sodat hy suksesvol was in alles wat hy gedoen het.