GENESIS 37:3-5
GENESIS 37:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Jakob se ander naam was Israel. Jakob was meer lief vir Josef as vir al sy ander seuns omdat Josef gebore is toe Jakob al oud was. Jakob het vir Josef 'n lang rok met moue gemaak. Sy broers het gesien dat hulle pa meer lief is vir Josef as vir hulle. Daarom het hulle vir Josef gehaat. Hulle wou niks goed van hom sê nie, hulle het gewens dat dit sleg gaan met hom. Josef het een nag gedroom en hy het vir sy broers vertel wat hy gedroom het. Toe het hulle hom nog meer gehaat.
GENESIS 37:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns; want hy was vir hom 'n seun van die ouderdom; en hy het vir hom 'n lang rok met moue gemaak. Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie. Ook het Josef 'n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.
GENESIS 37:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, die seun wat in sy ouderdom gebore is, en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak. Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle 'n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie. Op 'n keer het Josef gedroom en dit vir sy broers vertel. Daarna was hulle afkeer van hom nog groter.
GENESIS 37:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Israel was lief vir Josef, meer as vir al sy ander seuns, want hy was vir hom die seun van sy ouderdom. Hy het vir Josef 'n lang rok met moue gemaak. Sy broers het opgemerk dat hulle vader lief was vir hom, meer as vir al sy broers. Hulle het 'n weersin in hom gekry, en kon nie vriendelik met hom praat nie. Josef het 'n droom gehad, en hy het dit vir sy broers vertel. Hulle het toe 'n nog groter weersin in hom gekry.
GENESIS 37:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Israel het Josef meer liefgehad as al sy kinders, omdat hy die seun van sy ouderdom was; en hy het vir hom 'n baie kleure mantel gemaak. Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer liefhet as al sy broers, het hulle hom gehaat en kon nie in vrede met hom praat nie. En Josef het 'n droom gedroom en dit aan sy broers vertel, en hulle het hom nog meer gehaat.
GENESIS 37:3-5 Die Boodskap (DB)
Jakob was baie liewer vir Josef as vir al sy ander seuns. Josef was die kind wat op sy oudag gebore is en Jakob het hom liefgehad. Hy het toe vir Josef ’n kleed met lang moue en baie kleure laat maak. Al die ander broers het gesien hulle pa was liewer vir Josef as vir hulle. En hulle het Josef begin haat, so erg dat hulle kortaf en onbeskof met hom was. Op ’n dag het Josef ’n droom gehad en sy broers daarvan vertel. Dit het hulle so kwaad gemaak dat hulle hom nog meer gehaat het.
GENESIS 37:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jakob het Josef liewer gehad as al sy ander kinders omdat hy gebore is toe Jakob reeds bejaard was. Hy gee toe vir Josef ’n besondere kleed. Maar sy broers het Josef gehaat omdat hulle pa vir Josef voorgetrek het. Hulle het geen vriendelike woord vir hom gehad nie. Een nag het Josef ’n droom gehad. Hy het dit vir sy broers vertel, waarna hulle hom nog meer gehaat het.