GENESIS 37:23-24
GENESIS 37:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Toe Josef by sy broers kom, het hulle sy lang rok uitgetrek, die lang rok met moue. Hulle vat hom toe en gooi hom in die put. Die put was leeg, daar was nie water in nie.
GENESIS 37:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het, en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.
GENESIS 37:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josef het skaars by sy broers aangekom of hulle trek sy klere uit, die lang klere met moue wat hy aangehad het, en vat hom en gooi hom in die put. Dit was 'n droë put, sonder water.
GENESIS 37:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Josef by sy broers aankom, het hulle Josef se rok uitgetrek, die lang rok met moue wat hy aangehad het. Hulle het hom gevat en hom in die opgaarput gegooi. Die put was leeg – daar was nie water in nie.
GENESIS 37:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Josef by sy broers kom, het hulle Josef uit sy mantel uitgetrek, sy baie kleurige mantel wat aan hom was; En hulle het hom geneem en in 'n put gegooi, en die put was leeg, daar was geen water in nie.
GENESIS 37:23-24 Die Boodskap (DB)
Toe Josef uiteindelik by hulle aankom, het hulle hom begin rondpluk en sy klere afgeruk. Dit was die klere wat sy pa nog vir hom laat maak het, dié met die lang moue en die baie kleure. Toe het hulle Josef gegryp en hom met geweld in die put gegooi. Gelukkig was die put leeg en Josef het op droë grond geval.