GENESIS 35:22-26
GENESIS 35:22-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl Israel in daardie landstreek gebly het, het Ruben gemeenskap gehad met Bilha, sy pa se slavinvrou. Israel het dit te hore gekom. Jakob het twaalf seuns gehad. Die seuns van Lea was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon. Die seuns van Ragel was Josef en Benjamin. Die seuns van Ragel se persoonlike slavin Bilha was: Dan en Naftali. Die seuns van Lea se persoonlike slavin Silpa was: Gad en Aser. Dit is Jakob se seuns wat in Paddan-Aram gebore is.
GENESIS 35:22-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl Israel in dié streek gebly het, het Ruben by sy vader se byvrou Bilha gaan slaap. Israel het daarvan te hore gekom. Jakob het twaalf seuns gehad. Die seuns van Lea: Ruben, Jakob se eersgeborene, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon. Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin. Die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Naftali. Die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
GENESIS 35:22-26 Die Boodskap (DB)
In hierdie tyd het daar iets verskrikliks gebeur. Ruben, Israel se oudste seun, het by sy pa se byvrou, Bilha, gaan slaap. En Israel het dit uitgevind. Jakob het twaalf seuns gehad. Die seuns van Lea was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon. Die seuns van Ragel was Josef en Benjamin. Die seuns van Bilha, die vrou wat vir Ragel gewerk het, was Dan en Naftali. Die seuns van Silpa, die vrou wat vir Lea gewerk het, was Gad en Aser. Hierdie is dan die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
GENESIS 35:22-26 Bybel vir almal (ABA)
Terwyl Jakob in daardie land gewoon het, het Ruben seks gehad met sy pa se byvrou Bilha, en Jakob het daarvan gehoor. Jakob het twaalf seuns gehad. Lea se seuns was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon. Ragel se seuns was Josef en Benjamin. Ragel se slavin Bilha se seuns was Dan en Naftali. Lea se slavin Silpa se seuns was Gad en Aser. Dit was Jakob se seuns wat in Paddan-Aram gebore is.
GENESIS 35:22-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf. Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon. Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin. En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali. En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
GENESIS 35:22-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Israel in daardie land gewoon het, het Ruben gegaan en gemeenskap met Bilha, sy vader se byvrou, en Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf; Die seuns van Lea; Ruben, Jakob se eersgeborene, en Simeon en Levi en Juda en Issaskar en Sébulon; Die seuns van Ragel; Josef en Benjamin: En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel; Dan en Naftali: En die seuns van Silpa, die slavin van Lea; Gad en Aser: dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
GENESIS 35:22-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl hulle in daardie landstreek was, het Ruben by Bilha, sy pa se slavinvrou, geslaap. Jakob het hiervan te hore gekom. Hier volg die name van Jakob se twaalf seuns: Die seuns van Lea was: Ruben, Jakob se oudste seun, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon. Die seuns van Ragel was Josef en Benjamin. Die seuns van Bilha, Ragel se slavin, was Dan en Naftali. Die seuns van Silpa, Lea se slavin, was Gad en Aser. Dit is die seuns wat vir Jakob in Paddan-Aram gebore is.