GENESIS 33:4-11
GENESIS 33:4-11 Bybel vir almal (ABA)
Esau het na hom toe gehardloop en hy het vir Jakob omhels. Hy het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil. Toe Esau kyk, sien hy die vroue en die kinders en hy vra: “Wie is hierdie mense by jou?” Jakob het geantwoord: “Dit is die kinders wat God vir my gegee het. God was baie goed vir my.” Toe kom die slavinne en hulle kinders nader en hulle buig voor Esau, en ná hulle kom ook Lea en haar kinders nader en hulle buig. Laaste het Josef en Ragel nader gekom en hulle het gebuig. Toe vra Esau: “Hoekom het jy al daardie goed vir my gegee?” En Jakob antwoord: “Dit is 'n present sodat Meneer vriendelik sal wees met my.” Toe sê Esau: “My broer, ek het self baie goed. Hou dit alles, dit moet joune bly.” Maar Jakob het gesê: “Nee, as Meneer vriendelik wil wees met my, dan moet jy asseblief my present aanvaar, want ek het dit vir jou gegee soos 'n mens iets vir God gee. En jy was vriendelik met my. Neem asseblief die present wat ek vir jou gebring het, want God was goed vir my, en ek het alles wat ek moet hê.” So het Jakob aangehou, en Esau het toe die present geneem.
GENESIS 33:4-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween. Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het. En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig. En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig. Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer. Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joue is, laat dit joue bly! Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos 'n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad. Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.
GENESIS 33:4-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels. Esau het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil. Esau het opgekyk en die vrouens en kinders gesien en toe sê hy: “Wie is al hierdie mense by jou?” Jakob het geantwoord: “Dit is die kinders wat God in sy liefde aan my gegee het.” Die persoonlike slavinne het met hulle kinders nader gekom en gebuig en toe het ook Lea met haar kinders nader gekom en gebuig. Josef en Ragel was heel agter en ook hulle het nader gekom en gebuig. Toe vra Esau: “En wat is jou bedoeling met al daardie goed wat ek gekry het?” en Jakob antwoord: “Dit is om u vriendskap te wen.” Maar Esau sê vir hom: “Broer, ek besit self baie. Wat joune is, moet joune bly.” Toe sê Jakob: “Nee, as u my goedgesind is, moet u my geskenk aanvaar. Ek het na u toe gekom om u goedgesindheid te wen net soos wanneer 'n mens in die teenwoordigheid van God verskyn. En u het my vriendelik ontvang. Aanvaar tog my geskenk wat vir u gebring is, want God was goed vir my en ek het oorgenoeg.” Jakob het by Esau daarop aangedring, en toe aanvaar hy die geskenk.
GENESIS 33:4-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels. Hy het hom om die nek geval en hom gesoen. Hulle het gehuil. Toe Esau rondkyk en die vroue en kinders sien, vra hy: “Wie is hierdie mense by jou?” Hy het geantwoord: “Dit is die kinders wat God uit genade vir u dienaar gegee het.” Die slavinne, hulle en hulle kinders, het nader gekom en diep gebuig. Ook Lea en haar kinders het nader gekom en diep gebuig. Daarna het Josef en Ragel nader gekom en diep gebuig. Esau vra toe: “Wat is jou bedoeling met hierdie hele leërskare wat ek teëgekom het?” Jakob het geantwoord: “Dit is om guns te vind in die oë van my heer.” Daarop sê Esau: “Ek het baie, my broer; wat joune is, moet joune bly.” Jakob het egter gesê: “Nee, asseblief! As ek guns gevind het in u oë, neem dan my geskenk uit my hand. Juis daarom kon ek u gesig sien, net soos 'n mens God se gesig sien – en u het my aanvaar. Aanvaar dan asseblief my geskenk wat vir u gebring is, want God was my genadig, en ek het alles.” Hy het by hom aangedring, en hy het dit toe aanvaar.
GENESIS 33:4-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels en om sy nek geval en hom gesoen, en hulle het geween. En hy het sy oë opgeslaan en die vroue en die kinders gesien; en gesê: Wie is dié by jou? En hy sê: Die kinders wat God U kneg genadiglik gegee het. Toe het die diensmeisies nader gekom, hulle en hulle kinders, en hulle het gebuig. Lea met haar kinders het ook nader gekom en gebuig, en daarna het Josef en Ragel nader gekom, en hulle het gebuig. En hy sê: Wat bedoel jy met al hierdie trop wat ek ontmoet het? En hy sê: Hulle sal genade vind in die oë van my heer. Toe sê Esau: Ek het genoeg, my broer; hou wat jy het vir jouself. Toe sê Jakob: Nee, as ek nou genade in U oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand; want daarom het ek U aangesig gesien asof ek die aangesig van God gesien het, en U het 'n welbehae gehad saam met my. Neem tog my seën wat vir jou gebring word; omdat God my genadig bewys het, en omdat ek genoeg het. En hy het hom aangespoor, en hy het dit geneem.
GENESIS 33:4-11 Die Boodskap (DB)
Esau het skielik begin hardloop, reguit op Jakob af. Toe hy by hom kom, het hy Jakob omhels. Hy het hom vasgehou, sy kop in sy nek gesit en hom begin soen. Albei broers het gehuil. Esau het die vroue en die kinders gesien en gevra: “En al dié mense? Wie is hulle?” Jakob het na die kinders gewys en gesê: “God het hulle vir my gegee.” Silpa en Bilha het toe hulle kinders gevat en laag voor Esau gebuig. Daarna het Lea en haar kinders vorentoe gestap en gebuig. Die laaste twee was Josef en Ragel. Hulle het ook voor Esau gebuig. Esau het weer gepraat: “Jakob, wat is jou bedoeling met al die troppe vee wat vroeër hier verbygekom het?” “Dit is u s’n, Meneer. Alles is u s’n. Ek het gehoop dit sal u sag maak,” het Jakob gesê. Esau het geantwoord: “Dankie, my broer, maar ek het werklik genoeg diere van my eie. Hou dit liewer vir jouself.” Jakob het vinnig teruggeantwoord: “Nee, asseblief, neem dit. Dit is my geskenk aan jou. As jy dit vat, sal jy my baie gelukkig maak.” En toe voeg hy by: “Ai, Esau, om jou gesig weer te sien is soos om God se gesig te sien. Jy was so goed vir my. Neem dan nou my geskenk. God was goed vir my en ek het meer as genoeg. So, neem dit, asseblief.” Esau het die geskenk toe aanvaar.
GENESIS 33:4-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Esau het aangehardloop gekom, hom om die nek geval en hom gesoen. Albei was in trane. Esau kyk toe na die vroue en kinders en vra: “Wie is hierdie mense saam met jou?” “Dit is die kinders wat God in sy goedheid aan u dienaar gegee het,” antwoord Jakob. Eers kom die slavinvroue en hulle kinders nader en buig voor hom. Toe kom Lea met haar kinders en buig ook voor hom. Laaste kom Ragel en Josef en doen dieselfde. “En wat is jou bedoeling met al daardie goed wat ek gekry het?” vra Esau. “Dit is geskenke om u goeie guns te wen, my heer,” antwoord Jakob. “My broer, ek besit self baie,” sê Esau. “Laat wat aan jou behoort, joune bly.” “Nee, asseblief! Neem dit terwyl u my so goedgesind is,” sê Jakob. “Dis asof ek die glimlag van God sien. Neem asseblief die geskenke, want God was baie goed vir my. Ek het meer as genoeg vir myself.” Jakob het só daarop aangedring dat hy dit moes neem, dat Esau dit uiteindelik aanvaar het.