GENESIS 32:27-28
GENESIS 32:27-28 Die Boodskap (DB)
Die man sê toe: “Los my tog nou, want dit is al dagbreek.” Jakob het toe gesê: “Ek sal nie. Voor ek jou los, moet jy my eers seën.” “Wat’s jou naam?” stotter die man. “My naam is Jakob,” het Jakob geantwoord.
GENESIS 32:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Die man het vir Jakob gevra: “Wat is jou naam?” En hy antwoord: “Jakob.” Die man sê toe: “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie, dit sal nou Israel wees. Die naam Israel beteken ‘Jy het met God en met mense gestoei en jy het gewen.’ ”
GENESIS 32:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
GENESIS 32:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra die man: “Wat is jou naam?” en hy antwoord: “Jakob.” Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel , want jy het teen God en teen mense 'n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.”
GENESIS 32:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe vra hy: “Wat is jou naam?” En hy antwoord: “Jakob.” Toe sê hy: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel. Want jy het met God en mense stryd gevoer, en het oorwin.”
GENESIS 32:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hom: Wat is jou naam? En hy sê: Jakob! En hy sê: Jou naam sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel