GENESIS 30:25-43

GENESIS 30:25-43 Bybel vir almal (ABA)

Nadat Josef gebore is, het Jakob vir Laban gesê: “Laat my nou gaan na my eie plek en na my eie land. Gee my vroue en my kinders en laat my gaan. Jy weet ek het vir jou gewerk om hulle te kry.” Maar Laban sê vir hom: “Ek sal dankbaar wees as jy by my bly. Ek het gesien dat die Here my seën omdat jy hier is. Jy moet sê hoeveel ek jou moet betaal, en ek sal dit vir jou gee.” Toe sê Jakob vir Laban: “Jy weet hoe hard ek vir jou gewerk het en hoe goed dit met jou beeste en skape gegaan het vandat ek hulle oppas. Jy het min skape gehad voor ek by jou begin werk het, maar hulle het baie meer geword. Die Here het jou geseën vandat ek hier gekom het. Maar wanneer kan ek vir my eie huis werk?” Toe vra Laban vir hom: “Wat moet ek vir jou gee?” Jakob het vir hom gesê: “Jy moenie vir my betaal nie, niks nie. Ek sal weer jou skape oppas en na hulle kyk, maar daar is een ding wat jy vir my moet doen. Ek sal vandag tussen al jou skape en bokke deurloop. Ek sal al die bont skape en die skape wat kolle het, apart jaag, saam met al die swart skaap-ramme. Ook al die bont bok-ramme en die bok-ramme wat kolle het. Dit is wat jy vir my moet gee. Dan sal jy kan sien dat ek nie skelm is nie. Wanneer jy later kom kyk watter diere myne is, sal jy maklik kan sien: Al die bokke wat nie kolle het of bont is nie, en al die skaap-ramme wat nie swart is nie, is joune. As jy van daardie diere tussen my diere kry, dan het ek hulle van jou gesteel.” Toe sê Laban: “Goed. Ons sal doen soos jy gesê het.” Maar Laban het toe daardie dag gou al die bont bokke en die bokke met kolle apart gejaag. Hy het ook al die bokke wat wit dele gehad het, en al die swart skaap-ramme vir sy seuns gegee om op te pas. Hy het gesê hulle moet daardie diere wegvat van Jakob, so ver soos 'n mens in drie dae kan loop. Jakob moes Laban se ander skape en bokke oppas. Jakob het toe groen stokke geneem van populierbome, van amandelbome en van plataanbome, hy het dele van die bas afgeskil, sodat daar wit strepe op die stokke was. Hy het die stokke wat hy so afgeskil het, in die waterbakke van die skape en bokke gesit. Hy het die stokke so neergesit dat dit reg voor die skape en bokke was wanneer hulle water kom drink. Wanneer die skape en bokke daar by die stokke gepaar het, dan het hulle gestreepte of bont lammers gekry of lammers met kolle. Jakob het die skaap-ramme apart gehou en hy het die skape en bokke laat kyk na die bont skape en bokke van Laban en na die skape en bokke met kolle. So het Jakob 'n klomp skape en bokke vir homself gekry, maar Laban het niks gekry nie. Elke maal wanneer die sterk skape en bokke wou paar, dan het Jakob die stokke voor hulle in die waterbakke gesit sodat hulle net by die stokke kon paar. Maar as dit swak skape of bokke was, dan het hy nie die stokke in die waterbakke gesit nie. Toe het Laban al die swak lammers gekry, en Jakob het die sterk lammers gekry. So het Jakob baie ryk geword. Hy het baie skape, bokke, slavinne, slawe, kamele en donkies gekry.

GENESIS 30:25-43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

En nadat Ragel Josef gebaar het, sê Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan. Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het. Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het — ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseën het. Verder sê hy: Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee. Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u gedien het en wat u vee by my geword het. Want min was dit wat u vóór my koms gehad het, en dit het sterk vermeerder; en die HERE het u geseën op my voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook vir my huis werk? En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg — ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit moet my loon wees. En my regverdigheid sal later vir my getuig: as u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees. Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord! En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en dié aan sy seuns afgegee. En hy het 'n afstand van drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas. Toe neem Jakob vir hom groen latte van populier-, amandel- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die latte uitkom; en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het verhit geword as hulle kom drink. En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes. Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee. En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie onder Laban se vee gesit nie. En elke keer as die sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit sou word by die latte. Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob. En die man het buitengewoon uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.

GENESIS 30:25-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

Nadat Ragel vir Josef in die wêreld gebring het, het Jakob vir Laban gesê: “Laat my trek. Ek wil na my geboorteland toe gaan. Gee my nou my vrouens en kinders vir wie ek by u gewerk het, want ek wil weggaan. U weet hoe goed ek vir u gewerk het.” Maar Laban het vir hom gesê: “Dink tog aan wat jy vir my beteken. Ek het die tekens gelees en agtergekom dat die Here my seën om jou ontwil.” Verder het Laban vir Jakob gesê: “Stel self jou loon vas, en ek betaal jou dit om vir my te werk.” Daarop sê Jakob vir hom: “U weet hoe ek vir u gewerk het, en hoe dit met u kudde gegaan het terwyl hulle by my was. Die bietjie wat u gehad het voor ek gekom het, het baie geword, want die Here het u geseën vandat ek by u gekom het. Wanneer sal ek vir my huis kan begin werk?” Toe vra Laban: “Wat moet ek jou betaal?” en Jakob antwoord: “U hoef my niks te betaal nie. Ek sal weer u kleinvee oppas as u my dit wil laat doen. Ek sal vandag al u kleinvee deurgaan om al die gestreepte en bont skaaplammers en al die swart skape en die bont en gestreepte bokke af te keer. Dit sal my betaling wees. Wanneer u dan eendag kom kyk na wat ek by u verdien het, sal dit duidelik wees of ek eerlik was of nie: alles onder my bokke wat nie gestreep of bont is nie, en al die skape wat nie swart is nie, sal vee wees wat ek gesteel het.” Laban het geantwoord: “Goed! Laat dit wees soos jy gesê het.” Maar dieselfde dag nog het Laban al die gevlekte en bont bokramme en al die gestreepte en bont bokooie afgekeer en ook alles waaraan iets wits was en al die swart skape, en dit alles onder die sorg geplaas van sy seuns. Hy het hierdie trop van hom op 'n afstand van drie dae se trek van Jakob af laat oppas. Jakob self het Laban se ander vee opgepas. Jakob het toe jong lote van populiere, amandels en plataanbome gevat en stroke daarvan afgeskil, sodat daar wit strepe op die lote was. Hy het die lote wat hy so afgeskil het, in die waterkrippe gesit, reg voor die kleinvee waar hulle kom suip het. Wanneer die ooie dan op hitte kom en kom suip, is hulle by die lote gedek en het hulle gevlekte en gestreepte en bont lammers gekry. Jakob het die skape uitgekeer en hulle laat kyk in die rigting van die gevlekte en swart vee van Laban. So het Jakob vir hom sy eie kuddes opgebou en hy het hulle nie by Laban se kleinvee laat kom nie. Wanneer die sterk diere gedek moes word, het Jakob die lote voor hulle in die krippe gesit sodat hulle by die lote gedek kon word. Maar hy het nie die lote by die swak diere gesit nie. So het dit gekom dat Laban die swakkes gekry het en Jakob die sterkes. Die man het al hoe ryker geword. Hy het baie kleinvee, slavinne, slawe, kamele en donkies gehad.

GENESIS 30:25-43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Nadat Ragel aan Josef geboorte gegee het, het Jakob vir Laban gesê: “Laat my gaan, sodat ek na my plek en my land kan gaan. Gee vir my my vroue en my kinders, vir wie ek vir jou gewerk het, sodat ek kan gaan, want jy weet self watter werk ek vir jou gedoen het.” Laban het hom geantwoord: “As jy my asseblief net goedgesind sal wees! Ek het uit voortekens te wete gekom dat die HERE my geseën het om jou ontwil. ” Verder sê hy: “Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit vir jou gee.” Hy het hom geantwoord: “Jy weet self hoe ek vir jou gewerk het, en wat met jou veestapel by my gebeur het. Ja, min het jy gehad voor my koms, maar dit het geweldig toegeneem, en die HERE het jou geseën waar my voet getrap het. Maar nou, wanneer kan ek ook iets vir mý huis doen?” Laban het gevra: “Wat moet ek vir jou gee?” Jakob het geantwoord: “Jy hoef my nie enigiets te gee nie. As jy die volgende vir my doen, sal ek weer jou kleinvee laat wei en oppas: Ek sal vandag al jou kleinvee deurgaan en elke bont en gevlekte dier uitkeer – elke donkerkleurige dier onder die jong skape, en die gevlektes en bontes onder die bokke. Dit sal my loon wees. My eerlikheid sal in die toekoms vir my getuig wanneer jy kom om my loon na te gaan. Alles wat nie bont en gevlek is onder die bokke, of donkerkleurig is onder die jong skape nie, sal gesteelde goedere by my wees.” Laban het gesê: “Goed, as dit maar net gebeur soos jy sê!” Hy het egter dieselfde dag die gestreepte en gevlekte bokramme en al die bont en gevlekte bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en al die donkerkleuriges onder die jong skape, uitgekeer en hulle in die sorg van sy seuns gelaat. Hy het 'n afstand van drie dagreise tussen hom en Jakob gehandhaaf. Jakob het die res van Laban se kleinvee laat wei. Jakob het groen latte van populiere, amandelbome en platane geneem. Hy het stroke bas daarvan afgeskil om die wit van die latte te ontbloot. Toe sit hy die takke wat hy geskil het, in die waterbakke reg voor die kleinvee, in die drinkbakke waarheen die kleinvee kom om te drink. Hulle het bronstig geraak wanneer hulle kom om te drink. So het die kleinvee by die latte bronstig geraak, en die kleinvee het gestreepte, bont en gevlekte lammers gekry. Jakob het dié jong skape afgesonder. Hy het die kleinvee laat kyk in die rigting van die gestreeptes en al die donkerkleuriges onder Laban se kleinvee. So het Jakob vir homself afsonderlike kuddes opgebou en hulle nie saam met Laban se kleinvee aangehou nie. Telkens wanneer ook al die sterkste ooie bronstig was, het Jakob die latte in die waterbakke neergesit, voor die oë van die kleinvee, sodat hulle by die latte bronstig kon wees. Wanneer die kleinvee egter swak was, het hy dit nie neergesit nie. Die swakkes was vir Laban en die sterkes vir Jakob. Die man se besittings het geweldig uitgebrei. Hy het baie kleinvee, slavinne, slawe, kamele en donkies gehad.

GENESIS 30:25-43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En toe Josef gebore is, het Jakob vir Laban gesê: Stuur my weg, dat ek na my woonplek en na my land kan gaan. Gee vir my my vroue en my kinders vir wie ek U gedien het, en laat my gaan, want U ken my diens wat ek aan U gedoen het. Toe sê Laban vir hom: As ek guns in jou oë gevind het, bly tog, want uit ondervinding het ek geleer dat die HERE my om jou ontwil geseën het. En hy sê: Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee. En hy sê vir hom: Jy weet hoe ek jou gedien het en hoe jou vee by my was. Want dit was min wat jy gehad het voordat ek gekom het, en dit het nou vermeerder tot 'n menigte; en die HERE het jou geseën van my koms af; en nou, wanneer sal ek ook vir my huis sorg? En hy sê: Wat moet ek jou gee? Toe sê Jakob: Jy mag my niks gee nie; as jy dit vir my wil doen, sal ek weer jou kleinvee wei en oppas: Ek sal vandag deur jou hele kudde trek en daarvandaan verwyder al die gespikkelde en gevlekte beeste en al die bruin beeste onder die skape en die gevlekte en gespikkelde onder die bokke; en dit sal my loon wees. So sal my geregtigheid vir my antwoord in die toekoms, wanneer dit kom vir my loon voor U aangesig: elkeen wat nie gespikkeld en bont is onder die bokke en bruin onder die skape nie, wat saam met my as gesteel gereken word. En Laban sê: Kyk, ek wil hê dit moet wees volgens U woord. En hy het daardie dag die gestreepte en gevlekte bokke verwyder en al die bokke wat gespikkeld en gevlek was, en elkeen wat wit daarin gehad het, en al die bruin onder die skape, en het dit in die hand van sy seuns. En hy het drie dagreise tussen hom en Jakob opgestel, en Jakob het die res van Laban se kleinvee opgepas. En Jakob het vir hom stokke van groen populier en van die hasel- en kastanjeboom geneem; en hy het wit strepe daarin gevul, en die wit wat in die latte was, laat verskyn. En hy het die stokke wat hy afgeskil het voor die kleinvee neergesit in die geute in die drinkbakke toe die kleinvee kom drink het, sodat hulle swanger sou word as hulle kom drink. Die kleinvee het swanger geword voor die stokke en vee uitgebring, gestreep, gespikkeld en bont. En Jakob het die lammers geskei en die aangesigte van die kleinvee gerig na die gestreeptes en al die bruin onder die kleinvee van Laban; en hy het sy eie kleinvee afsonderlik gestel en dit nie vir Laban se vee gestel nie. Elke keer as die sterkste vee swanger geword het, het Jakob die latte voor die oë van die vee in die geute neergelê, sodat hulle tussen die latte kon swanger word. Maar toe die vee swak was, het hy dit nie ingesit nie; so was die swakkes s'n van Laban en die sterkeres s'n van Jakob. En die man het baie vermeerder, en hy het baie vee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.

GENESIS 30:25-43 Die Boodskap (DB)

Na die geboorte van Josef het Jakob vir Laban gesê: “Laat my asseblief toe om na my ouerhuis en my land toe terug te gaan.” Omdat ’n slaaf se familie die baas se eiendom was, het Jakob ook nog gesê: “Laat my ook toe om my familie saam te vat. Ek het hard gewerk vir hierdie vroue. En my harde werk het jou ryk gemaak.” “Ja, dis waar,” het Laban gesê, “ek moet dit teenoor jou erken. Die Here het my as gevolg van jou ryk gemaak. Daarom, Jakob,” so het Laban voortgegaan, “sal ek jou enigiets betaal as jy sal bly. Jy noem dit en ek betaal.” Jakob het geantwoord: “Jy is reg. Ek was ’n getroue werker en ek het jou kuddes goed opgepas. Voordat ek hier gekom het, het jy nie veel gehad nie, maar toe het die Here jou ryk gemaak en baie besittings gegee. Wat ek ook al gedoen het, het jou net ryker gemaak. Nou het dit tyd geword dat ek vir my vroue en kinders moet sorg.” “Hoeveel moet ek jou betaal?” het Laban gevra. “Niks nie,” sê Jakob. “Jy hoef my nie geld te gee nie. Daar is eintlik net een ding wat ek graag wil hê. En as jy dit gee, sal ek weer jou kuddes versorg.” “Wat is dit?” het Laban gevra. Jakob het geantwoord: “Laat my vandag nog deur die kuddes loop en laat ek elke gespikkelde en gestreepte skaap, al die swart lammetjies en al die bokke met spikkels en strepe vir my vat. Dit sal dan my loon wees, niks meer nie.” Jakob het voortgegaan: “Jy kan kom kyk of ek eerlik was. As jy deur my kudde loop, sal elke skaap of bok wat nie spikkels of strepe het nie, gesteelde diere wees. Elke lammetjie wat nie swarterig is nie, sal ’n dier wees wat ek van jou gesteel het.” “Dis goed so,” het Laban gesê. “Maak soos jy wil.” Laban het Jakob weer bedrieg. Hy het gou al die gespikkelde en gestreepte skape en bokke uit die trop geneem. Ook die swart lammetjies. Laban het toe hierdie diere bymekaargemaak en vir sy ander seuns gegee om op te pas. Verder het Laban gesorg dat Jakob ver van sy seuns af bly. Hulle was drie dae se reis van mekaar af. Jakob was op ’n plek waar hy die res van Laban se kudde laat wei het. Ver weg van Laban het Jakob sy eie ding gedoen. Hy het jong lote van populiere, amandel- en plataanbome gevat en dit afgeskil totdat daar sulke wit strepe op die lote was. Hy het toe die lote met die wit strepe by die waterplekke gesit. As die vee kom suip het, was die lote reg voor hulle. Omdat die bokke en die skape by die waterplekke gepaar het, het Jakob hulle tussen die lote bymekaar laat kom. So het hy baie bokke en skape met spikkels en strepe gekry. Die ooie het Jakob apart gehou en hulle by Laban se gespikkelde en gestreepte vee gebring. Op hierdie manier het Jakob vir homself ’n baie sterk kudde opgebou. Hy het hulle weggehou van Laban se vee. Wanneer die sterk diere gepaar het, het Jakob die lote voor hulle in die krippe gesit en dit het hulle vrugbaar gemaak. Maar hy het nie die lote by die swak diere gesit nie. Op dié manier het Laban die swakkes en Jakob die sterkes gekry. Jakob het al hoe ryker geword. Hy het baie kleinvee, slavinne, slawe, kamele en donkies gehad.

GENESIS 30:25-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Kort nadat Josef gebore is, sê Jakob vir Laban: “Stel my vry, want ek wil na my geboorteland toe teruggaan. Laat my toe om met my vroue en kinders te vertrek. Pa weet dat ek ten volle vir hulle betaal het deur vir Pa te werk.” “Moenie nou al gaan nie,” sê Laban. “Ek het agtergekom dat die HERE my geseën het omdat jy by my is. Hoeveel moet ek jou betaal vir jou dienste? Sê net, en ek sal dit betaal.” Jakob antwoord: “Pa weet hoe hard ek vir Pa gewerk het en hoe Pa se troppe vee groter geword het. Pa het maar min gehad toe ek hier gekom het, maar sedertdien het Pa se rykdom baie toegeneem. Die HERE het Pa geseën in alles wat ek vir Pa onderneem het. Maar nou, wat van my? Wanneer kan ek vir my eie gesin voorsiening maak?” “Watter vergoeding wil jy hê?” vra Laban weer. Jakob antwoord hom: “Moenie my iets betaal nie. As u my die volgende toelaat, sal ek nog steeds Pa se vee oppas. Gee my vandag al die skape en bokke wat bont of gevlek is saam met die swart gekleurde skape. Dít sal my beloning wees. Dit sal vir Pa maklik wees om te sien of ek eerlik is of nie. As Pa onder my vee enige skape of bokke kry wat nie bont is nie, sal Pa weet dat ek hulle van Pa gesteel het.” “Dis goed,” sê Laban. “Laat dit wees soos jy voorgestel het.” Daardie selfde dag nog het Laban veld toe gegaan en al die bokramme wat bont en gevlek is, al die ooie wat gevlek en bont is, alles met wit kolle en ook die swart skape uitgekeer. Hy het hierdie vee aan sy seuns gegee om op te pas. Hy het hulle wég van Jakob af verskuif, drie dae se trek ver. Jakob self het agtergebly en Laban se vee opgepas. Jakob het toe vars lote van populiere, amandels en plataanbome geneem en stroke van die bas afgetrek sodat daar wit strepe daarop was. Toe sit hy die lote wat hy afgestroop het in die waterbakke waar Laban se vee kom drink het. Wanneer die ooie op hitte was en hulle kom drink, is hulle voor die lote gedek. Wanneer hulle voor die witgestreepte lote gedek is, was al hulle lammers gestreep, bont en gevlek. Jakob het hierdie lammers uit Laban se kuddes uitgekeer. Wanneer die ander op hitte was, het hy hulle gedraai sodat die kuddes die gestreepte en swart ramme in Laban se kudde sien. Op hierdie manier het hy sy eie kudde uit Laban s’n opgebou. Wanneer die sterker ooie op hitte was, het Jakob die gestroopte lote voor hulle neergesit. Hy het dit egter nie met die swakker ooie gedoen nie. Die swakker lammers het dus aan Laban behoort en die sterker lammers aan Jakob. As gevolg hiervan het Jakob se kuddes vinnig vermeerder. Hy het al ryker geword, met baie slawe, kamele en donkies.