GENESIS 3:8-12
GENESIS 3:8-12 Bybel vir almal (ABA)
Die mens en sy vrou het gehoor die Here God loop in die tuin. Dit was aand, en die wind het gewaai. Die mens en sy vrou het toe vir die Here God weggekruip tussen die bome in die tuin. Toe roep die Here God die mens en Hy vra vir hom: “Waar is jy?” Die mens het geantwoord: “Ek het gehoor U is in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe kruip ek weg.” Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het vir jou gesê jy is kaal? Het jy geëet van die vrugte wat Ek gesê het jy mag nie eet nie?” Die mens het gesê: “Ú het die vrou vir my gegee. Dit is sý wat vir my van die vrugte gegee het, en ek het daarvan geëet.”
GENESIS 3:8-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.
GENESIS 3:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.” Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.”
GENESIS 3:8-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle hoor toe die geluid van die HERE God wat in die tuin rondstap in die middagkoelte. Die mens en sy vrou het vir die HERE God weggekruip tussen die bome van die tuin. Die HERE God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” Hy het geantwoord: “Ek het U in die tuin hoor beweeg, en ek was bang, want ek is naak; toe het ek weggekruip.” Hy vra toe: “Wie het vir jou vertel dat jy naak is? Het jy van die boom geëet waaroor Ek jou beveel het dat jy nie daarvan mag eet nie?” Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U gegee het om aan my sy te wees, sy is die een wat vir my van die boom gegee het, en ek het geëet.”
GENESIS 3:8-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het die stem van die HERE God hoor loop in die tuin in die koelte van die dag, en Adam en sy vrou het hulle weggesteek vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. En die HERE God het na die mens geroep en vir hom gesê: Waar is jy? En Adam sê: Ek het jou stem in die tuin gehoor, en ek was bang, want ek was naak; en ek het weggekruip. En hy sê: Wie het jou vertel dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? Toe sê die man: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.
GENESIS 3:8-12 Die Boodskap (DB)
Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?” Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.” Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het jou vertel dat jy kaal is? Of het jy van die verbode boom se vrugte geëet?” Die mens sê toe: “Dit is alles die vrou se skuld. Die einste vrou wat U my gegee het, het my van die boom se vrugte gegee. En ek het dit geëet.”
GENESIS 3:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Teen die aand hoor hulle hoe die HERE God in die tuin loop. Hulle kruip toe weg tussen die bome. Die HERE God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.” “Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die HERE God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?” “Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.”