GENESIS 3:20-24
GENESIS 3:20-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense. Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek. Toe het die Here God gesê: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hy alles kan ken. As hy nou maar net nie sy hand uitsteek en die vrug van die boom van die lewe vat en daarvan eet en altyd bly lewe nie!” Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is. Die Here God het die mens uitgedryf, en om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook 'n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.
GENESIS 3:20-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die mens het sy vrou “Eva” genoem, want sy is die een wat die moeder geword het van almal wat lewe. Die HERE God het daarna vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en dit vir hulle aangetrek. Toe sê die HERE God: “Kyk, die mens het soos een van Ons geword deur goed en kwaad te ken. Nou moet hy net nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en vir altyd bly lewe nie. ” Die HERE God het hom toe weggestuur uit die tuin van Eden om die grond waaruit hy geneem is, te gaan bewerk. Hy het die mens uitgedryf en aan die oostekant van die tuin van Eden gerubs laat woon, met 'n flikkerende swaard wat heen en weer beweeg, om die pad na die boom van die lewe te bewaak.
GENESIS 3:20-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die mens het sy vrou Eva genoem omdat sy die moeder sou word van alle mense op die hele aarde. Toe het die HERE God vir die mens en sy vrou klere van vel gemaak en hulle dit laat aantrek. Daarna sê die HERE God: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle ook weet van goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van die boom van die lewe vat en eet? Hulle sal dan vir altyd lewe!” Die HERE God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is. Nadat die HERE God hulle uit die tuin verban het, het Hy gerubs oos van Eden aangestel om met ’n vlammende swaard, wat heen en weer beweeg, die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
GENESIS 3:20-24 Bybel vir almal (ABA)
Die mens het sy vrou Eva genoem, want sy het die ma geword van al die mense. Die Here God het velle geneem en Hy het vir die mens en sy vrou klere gemaak en dit vir hulle aangetrek. Toe sê die Here God: “Die mens het nou soos een van Ons geword, want hy weet nou wat goed is en wat sleg is. Hy mag nie nou ook eet van die boom wat lewe gee nie, want dan sal hy altyd lewe.” Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die Eden-tuin. Hy moes werk in die grond waarvan God hom gemaak het. Die Here God het die mens weggejaag en Hy het gerubs by die pad oos van die Eden-tuin laat wagstaan. Hulle het swaarde van vuur gehad en hulle moes keer dat die mense nie by die boom kom wat lewe gee nie.
GENESIS 3:20-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe. En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek. Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
GENESIS 3:20-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Adam het die naam van sy vrou Eva genoem; want sy was die moeder van al die lewendes. Ook vir Adam en sy vrou het die HERE God rokke van velle gemaak en dit aangetrek. Die HERE God het gesê: Kyk, die mens het geword soos een van Ons om goed en kwaad te ken; en nou dat hy nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en vir ewig lewe nie. Daarom het die HERE God hom uit die tuin van Eden uitgestuur om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. Hy het toe die man verdryf; en hy het gerubs aan die oostekant van die tuin van Eden gestel, en 'n vlammende swaard wat in alle rigtings gedraai het om die weg van die boom van die lewe te bewaak.
GENESIS 3:20-24 Die Boodskap (DB)
Die man het sy vrou Eva genoem, want uit haar is al die latere geslagte mense gebore. Die Here God het toe vir Adam en Eva klere van vel gemaak en dit vir hulle aangetrek. Toe het God gesê: “Die mens het amper soos Ons geword. Hy weet nou wat die verskil tussen goed en kwaad is. Nou moet hy net nie ook nog die vrugte van die boom van die lewe eet nie, want dan leef hy vir altyd.” Daarom het God hom uit die tuin van Eden weggejaag. Hulle moes elders die grond gaan bewerk, dieselfde grond waaruit hulle gemaak is. Nadat hulle uit die tuin weg is, het die Here God engele met vlammende swaarde aan die oostekant van die tuin van Eden geplaas. Hulle moes die boom oppas wat vir altyd lewe gee.