GENESIS 26:7-9
GENESIS 26:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Die mans van daardie plek het vrae gevra oor sy vrou Rebekka, en hy het gesê: “Sy is my suster.” Hy wou nie sê dat Rebekka sy vrou is nie. Hy was bang dat hulle hom sal doodmaak en dat hulle sy vrou sal vat, want sy was baie mooi. Isak het lank daar gewoon. Toe koning Abimelek eendag by die venster uitkyk, sien hy hoe Isak sy vrou Rebekka in sy arms vashou en soen. Toe roep Abimelek vir Isak en hy sê vir hom: “Ek sien Rebekka is jou vrou. Hoekom het jy gesê sy is jou suster?” Isak het vir hom gesê: “Ek het gedink julle sal my doodmaak as ek sê sy is my vrou.”
GENESIS 26:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou — anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien. En toe hy al 'n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou. En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
GENESIS 26:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense daar het oor sy vrou begin uitvra, en hy het gesê: “Dit is my suster.” Hy was bang om te sê dis sy vrou, want dan sou hulle hom dalk doodmaak oor Rebekka wat 'n baie mooi vrou was. Toe hy 'n lang ruk daar gebly het, het koning Abimelek van die Filistyne op 'n keer deur die venster gesien hoe Isak sy vrou Rebekka liefkoos. Abimelek het hom laat kom en vir hom gesê: “Maar sy is dan jou vrou! Hoekom het jy gesê sy is jou suster?” Isak het geantwoord: “Ek het gedink ek kan dalk doodgemaak word oor haar.”
GENESIS 26:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die manne van die plek het hom oor sy vrou uitgevra. Hy het gesê, “Sy is my suster;” want hy was bang om te sê, “my vrou,” anders, het hy gedink, maak die manne van die plek my dood oor Rebekka. Sy was immers beeldskoon. Isak was al 'n lang tyd daar, toe kyk Abimeleg, die koning van die Filistyne, af deur die venster en sien – Isak liefkoos dan vir Rebekka, sy vrou! Abimeleg ontbied toe vir Isak en sê: “Maar sy is dan eintlik jou vrou! Hoe kon jy gesê het sy is jou suster?” Isak het hom geantwoord: “Omdat ek gedink het dat ek anders oor haar sou sterf.”
GENESIS 26:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die manne van die plek het hom na sy vrou gevra; en hy sê: Sy is my suster, want hy was bang om te sê: Sy is my vrou; sê hy, sodat die manne van die plek my nie vir Rebekka sou doodmaak nie; want sy was mooi om na te kyk. En dit het gebeur, toe hy 'n lang tyd daar was, dat Abimeleg, die koning van die Filistyne, by 'n venster uitkyk en gesien het, en kyk, Isak was besig om met sy vrou Rebekka te speel. En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is verseker jou vrou; en hoe het jy gesê: Sy is my suster? En Isak sê vir hom: Omdat ek gesê het: Ek sterf nie vir haar nie.
GENESIS 26:7-9 Die Boodskap (DB)
Hulle het gewonder oor die vrou wat altyd by hom was. “Wie is sy tog?” het hulle gevra. Toe Isak hiervan hoor, het hy bang begin word. Rebekka was baie mooi en Isak wou nie sê dit is sy vrou nie. Hy was bang hulle sal hom doodmaak en Rebekka wegneem. Hy het toe vir die mans gesê Rebekka is sy suster. Almal het hom geglo en vir ’n lang ruk het dit goed gegaan. Op ’n dag het Abimelek, die Filistynse koning, by sy venster uitgekyk en iets vreemds gesien: Isak was besig om sy vrou, Rebekka, te soen en te liefkoos. Abimelek het Isak laat roep en woedend gesê: “So, sy is nie jou suster nie, maar jou vrou! Hoe kon jy ons so mislei? Waarom het jy gesê sy is jou suster?” Isak het verleë geantwoord: “Ek was bang dat hulle my sou doodmaak as hulle hoor sy is my vrou.”
GENESIS 26:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die inwoners navraag doen oor Rebekka, sê hy: “Sy is my suster.” Hy was bang hulle sal hom dalk doodmaak as hulle weet dis sy vrou, want Rebekka was baie mooi. Na hulle al ’n tyd lank daar gebly het, het Abimelek, die koning van die Filistyne, eendag deur die venster gesien hoe Isak vir Rebekka liefkoos. Abimelek het Isak laat roep en sê vir hom: “Sy is dan jou vrou! Hoekom het jy gesê sy is jou suster?” “Dis omdat ek bang was iemand maak my dood om haar in die hande te kry,” antwoord Isak.