GENESIS 25:12-13
GENESIS 25:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hier volg besonderhede oor die nageslag van Abraham se seun Ismael wat deur Hagar, die Egiptiese slavin van Sara, vir Abraham in die wêreld gebring is. In volgorde van hulle geboorte was Ismael se seuns: Nebajot, Kedar, Adbeël, Mibsam
GENESIS 25:12-13 Die Boodskap (DB)
Hier is die nageslag van Ismael, die seun van Abraham wat Hagar, Sara se Egiptiese slavin, vir hom in die wêreld gebring het. Die name van die seuns is in die volgorde van hulle geboorte: Nebajot is die eersgeborene, Kedar, Adbeël, Mibsam
GENESIS 25:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Hier is 'n lys van die nageslag van Ismael, Abraham en Hagar se seun. Hagar was Sara se slavin. Sy het uit Egipte gekom. Hier is die name van Ismael se nageslag: Ismael se oudste seun was Nebajot. Die ander seuns was Kedar, Adbeël, Mibsam
GENESIS 25:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het — dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Ádbeël en Mibsam
GENESIS 25:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hier volg die familiegeskiedenis van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese slavin van Sara, vir Abraham in die wêreld gebring het. Hier volg die name van Ismael se nageslag. Hulle name is volgens hulle familiegeskiedenis: Die eersgeborene van Ismael was Nebajot, dan Kedar, Adbeël, Mibsam
GENESIS 25:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is die geslagte van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het: Dit is die name van die seuns van Ismael, volgens hulle name, volgens hulle geslagte: die eersgeborene van Ismael, Nebajot; Kedar, Adbeël en Mibsam
GENESIS 25:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nou volg die stamboom van die nageslag van Ismael, die seun van Abraham en Hagar, Sara se Egiptiese slavin. Dit is die name van die seuns en die familiegroepe van Ismael se nageslag. Die oudste seun was Nebajot, gevolg deur Kedar, Adbeël, Mibsam