GENESIS 22:9-12
GENESIS 22:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar 'n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout. Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag, roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.”
GENESIS 22:9-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle aankom by die plek wat God vir hom gewys het, het Abraham daar 'n altaar gebou en die hout reggepak. Hy het sy seun, Isak, vasgebind en hom op die altaar neergelê, bo-op die hout. Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag. Maar die •Engel van die HERE het na hom uit die hemel geroep en gesê: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” “Moenie jou hand na die seun uitsteek nie,” het Hy gesê, “en moenie enigiets aan hom doen nie! Want nou weet Ek dat jy vir God ontsag het. Jy het nie jou seun, jou enigste, van My teruggehou nie.”
GENESIS 22:9-12 Die Boodskap (DB)
Uiteindelik het hulle by die plek gekom waarvan God gepraat het. Abraham het dadelik afgepak, ’n altaar gebou, die hout gevat en dit op die altaar gesit. Toe gryp hy vir Isak, druk hom op die altaar bo-op die hout vas en met sy ander hand vat hy die mes, die groot mes wat hy die hele pad saamgedra het en waarmee hy Isak wou doodmaak. Op daardie oomblik het die Engel van die Here uit die hemel geroep: “Abraham, dit is Ek. Hou dadelik op. Los die mes en moenie die seun seermaak nie. Ek weet nou dat jy My liefhet, want jy was bereid om jou lieflingskind, jou enigste seun, vir My te offer.”
GENESIS 22:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, bou hy daar ’n altaar en sit die hout daarop neer. Hy maak Isak vas en sit hom bo-op die hout op die altaar. Daarna vat Abraham die mes en lig dit op om sy seun as offer aan die HERE te slag. Op daardie oomblik roep die engel van die HERE na hom uit die hemel: “Abraham, Abraham!” “Ek luister,” antwoord Abraham. “Moenie jou hand oplig teen die seun en hom enige kwaad aandoen nie!” sê die engel. “Nou weet Ek dat jy regtig vir God dien, want jy het selfs jou geliefde seun nie van My weerhou nie.”
GENESIS 22:9-12 Bybel vir almal (ABA)
Toe hulle by die plek kom wat God vir Abraham gesê het, het Abraham daar 'n altaar gebou en hy het die hout uitgepak. Hy het sy seun Isak vasgebind en hom op die altaar gesit, bo-op die hout. Abraham steek toe sy hand uit en neem die mes om sy seun dood te maak, maar toe roep die Engel van die Here uit die hemel vir hom en sê: “Abraham! Abraham!” En hy antwoord: “Hier is ek!” Toe sê God: “Moenie aan jou seun raak of iets aan hom doen nie, want nou weet Ek dat jy My wil dien. Jy het nie geweier om jou enigste seun vir My te offer nie.”
GENESIS 22:9-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit. Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag. Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
GENESIS 22:9-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het by die plek gekom waarvan God hom vertel het; en Abraham het daar 'n altaar gebou en die hout reggemaak en sy seun Isak gebind en hom op die altaar op die hout neergelê. Abraham het sy hand uitgesteek en die mes geneem om sy seun dood te maak. En die Engel van die HERE het na hom uit die hemel geroep en gesê: Abraham, Abraham! en hy het gesê: Hier is ek. En hy sê: Moenie jou hand op die seun lê nie, en doen hom niks nie, want nou weet ek dat jy God vrees, omdat jy jou seun, jou enigste seun nie van my teruggehou het nie.