GENESIS 20:5
GENESIS 20:5 Bybel vir almal (ABA)
Abraham het vir my gesê Sara is sy suster, en sy, Sara, het ook gesê Abraham is haar broer. Ek het nie slegte planne in my hart gehad toe ek haar gevat het nie. Ek is onskuldig.”
GENESIS 20:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer. In die onskuld van my hart en in die reinheid van my hande het ek dit gedoen.
GENESIS 20:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abraham het dan self vir my gesê: ‘Sy is my suster.’ En sy het self gesê: ‘Hy is my broer.’ Ek het dit onskuldig en sonder slegte bedoelings gedoen.”
GENESIS 20:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Het hy self dan nie vir my gesê, ‘Sy is my suster’ nie? En sy, ook sy het gesê, ‘Hy is my broer.’ Met 'n eerlike hart en met rein hande het ek hierdie ding gedoen.”
GENESIS 20:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Het hy nie vir my gesê: Sy is my suster nie? en sy, selfs sy, het gesê: Hy is my broer; in die opregtheid van my hart en die onskuld van my hande het ek dit gedoen.