GENESIS 20:1-2
GENESIS 20:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Abraham het daarvandaan na die gebied van die Negev getrek en tussen Kades en Sur gaan woon. Terwyl hy as •vreemdeling in Gerar gewoon het, het Abraham oor Sara, sy vrou, gesê: “Sy is my suster.” Abimeleg, die koning van Gerar, het Sara laat haal.
GENESIS 20:1-2 Die Boodskap (DB)
Abraham het in die suidelike deel van die land rondgetrek en tussen Kades en Sur kamp opgeslaan. Terwyl hy in die omgewing van Gerar getrek het, het die mense hom oor sy vrou begin uitvra. Abraham het toe gesê dat sy vrou Sara eintlik sy suster is. Abimelek, die koning van Gerar, het Sara gesien en manne gestuur om haar te gaan haal.
GENESIS 20:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Abraham het van Mamre weggegaan na die Suid-land. Hy het gaan woon in die stad Gerar, tussen Kades en Sur. Die mense van die land het hom toegelaat om daar te woon. Abraham het vir daardie mense gesê Sara is sy suster. Koning Abimelek van Gerar het toe sy manne gestuur, en hulle het vir Sara gaan haal.
GENESIS 20:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussen Kades en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef. En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.
GENESIS 20:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abraham het van Mamre af weggetrek na die Suidland toe en hom tussen Kades en Sur gaan vestig. Toe hy op 'n keer in Gerar gewoon het, het hy voorgegee sy vrou Sara is sy suster. Koning Abimelek van Gerar het haar toe laat haal om met haar te trou.
GENESIS 20:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Abraham het daarvandaan weggetrek na die suidelike land en gaan woon tussen Kades en Sur en as vreemdeling in Gerar vertoef. Abraham het van sy vrou Sara gesê: Sy is my suster; en Abiméleg, die koning van Gerar, het gestuur en Sara geneem.
GENESIS 20:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Abraham het suidwaarts na die Negev getrek en ’n tyd lank tussen Kades en Sur gewoon. Toe hy in Gerar gewoon het, het hy daar rond vir die mense vertel dat sy vrou Sara sy suster is. Koning Abimelek van Gerar laat haar toe haal om met haar te trou.