GENESIS 2:23-24
GENESIS 2:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Die mens sê toe: “Nou het die Here iemand gebring wat 'n mens is soos ek. Haar liggaam kom uit my liggaam. Haar naam moet vrou wees, want sy kom uit die man.” Daarom gaan 'n man weg van sy pa en ma en hy gaan woon by sy vrou, sodat hulle een kan word.
GENESIS 2:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
GENESIS 2:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die mens: “Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek. Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word; sy is uit die man geneem.” Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.
GENESIS 2:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê die mens: “Hierdie een is dié keer been uit my eie gebeente, vlees uit my eie vlees. Hierdie een sal vrou genoem word, want uit die man is sy geneem.” Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en hom aan sy vrou verbind, en hulle sal een vlees word.
GENESIS 2:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Adam: Dit is nou been van my gebeente en vlees van my vlees: sy sal Vrou genoem word, omdat sy uit die mens geneem is. Daarom sal 'n man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle sal een vlees word.
GENESIS 2:23-24 Die Boodskap (DB)
Die mens het oorstelp van vreugde gesê: “Uiteindelik het ek iemand gekry wat net soos ek is en soos ek lyk, iemand met ’n liggaam net soos myne. Ek gaan haar ‘vrou’ noem, want sy is deel van my.” Dit is waarom ’n man tot vandag toe sy ouerhuis verlaat om saam met die vrou van sy liefde te bly. Hulle liefde vir mekaar maak hulle een in liggaam en gees.
GENESIS 2:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Uiteindelik is dit die regte metgesel!” sê die mens. “Sy is regtig deel van my. Sy sal ‘vrou’ genoem word, want sy is uit die man geneem.” Dit verklaar waarom ’n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.