GENESIS 2:2-3
GENESIS 2:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Op die sewende dag was al die werk wat God gedoen het, klaar. Hy het op die sewende dag gerus, Hy het nie gewerk nie. God het die sewende dag geseën. Hy het dit 'n gewyde dag gemaak, want op daardie dag het Hy gerus nadat Hy al sy werk klaar gedoen het.
GENESIS 2:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
GENESIS 2:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.
GENESIS 2:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God was op die sewende dag klaar met sy werk wat Hy gedoen het; en Hy het op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gedoen het. God het die sewende dag geseën; Hy het dit heilig verklaar, want op dié dag het Hy gerus van al sy werk – dit wat God geskep het deur dit te maak.
GENESIS 2:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op die sewende dag het God Sy werk voltooi wat Hy geskape het; en op die sewende dag het hy gerus van al Sy werk wat hy gemaak het. God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het na al die skeppingswerk wat hy gedoen het.
GENESIS 2:2-3 Die Boodskap (DB)
Op die sewende dag was alles klaar. Al God se werk was afgehandel. Op die sewende dag het Hy toe gerus van al die werk wat Hy gedoen het. God het toe dié dag geseën en gesê dit moet afgesonder wees van die ander ses dae. Op die sewende dag het God nie gewerk nie, Hy het van die vorige dae se werk gerus.
GENESIS 2:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het.