GENESIS 19:15-38
GENESIS 19:15-38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gesê: “Kom nou! Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy straf kry.” Toe Lot nog talm, het die twee mans hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand gegryp en hulle uit die stad uit gevat, want die Here het Hom oor Lot ontferm. Nadat hulle vir Lot-hulle buite die stad gebring het, sê een van die mans vir hom: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie! Moenie êrens in die vlakte vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring.” Maar hy sê vir hulle: “Asseblief tog, Menere, u was al so goed vir my en u het my al so 'n groot guns bewys deur my lewe te spaar, maar ek sal nie berge toe kan vlug nie. Die ramp sal my inhaal voor ek daar is en ek sal omkom. Kyk, hier naby is 'n dorpie waarheen ek kan vlug. Ek wil daarheen vlug en so my lewe red. Dit is maar 'n ou klein dorpie.” Toe sê die engel vir hom: “Ook wat dit betref, staan ek jou versoek toe. Ek sal nie die dorp waarvan jy praat, verwoes nie. Vlug gou daarnatoe, want ek kan niks aan die ander stede doen voordat jy in die dorpie aangekom het nie.” Dit is waarom hulle die dorpie Soar noem. Net toe die son opkom, het Lot in Soar aangekom. Toe het die Here swael en vuur van Hom af, uit die hemel uit, laat reën op Sodom en Gomorra. En God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei. Lot se vrou het omgekyk en sy het in 'n soutpilaar verander. Daardie oggend het Abraham vroeg opgestaan en na die plek toe gegaan waar hy in die teenwoordigheid van die Here gestaan het. Toe Abraham in die rigting van Sodom en Gomorra en van die hele vlaktestreek kyk, sien hy oor die hele wêreld trek rook op asof dit 'n steenoond is. Toe God die stede in die vlakte verdelg het waar Lot gewoon het, het God aan Abraham gedink en vir Lot laat wegkom uit die plek waar die verwoesting plaasgevind het. Lot het toe van Soar af weggegaan en met sy twee dogters in die berge gaan bly. Hy was bang om in Soar te bly en het toe met sy twee dogters in 'n grot gaan woon. Die oudste dogter het vir die jongste gesê: “Pa is oud. Hier rond sal ons nie op die gebruiklike manier mans kry nie. Kom ons maak vir Pa dronk en dan slaap ons by hom sodat ons by hom kinders kan hê.” Daardie nag het hulle hom dronk gemaak, en die oudste dogter het met hom gemeenskap gehad. Hy het nie besef dat dit sy is wat by hom kom lê en daarna opstaan nie. Die volgende dag sê sy toe vir die jongste: “Ek het verlede nag by hom geslaap. Kom ons maak hom vannag weer dronk en dan gaan slaap jy by hom sodat ons elkeen 'n kind by hom kan hê.” Hulle het hom toe daardie nag weer dronk gemaak, en die jongste dogter het met hom gemeenskap gehad. Hy het nie agtergekom dat dit sy is wat by hom kom lê en daarna opstaan nie. So het die twee dogters van Lot by hulle pa swanger geword. Die oudste het 'n seun in die wêreld gebring en hom Moab genoem. Hy is die voorvader van die Moabiete. Die jongste dogter het ook 'n seun in die wêreld gebring en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die voorvader van die Ammoniete.
GENESIS 19:15-38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net toe die dag breek, het die engele Lot aangespoor: “Staan op! Neem jou vrou en jou twee dogters wat hier is, anders word julle meegesleur oor die sondeskuld van die stad.” Hy het nog gehuiwer, toe gryp die mans hom, sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE Hom oor hom ontferm het. Hulle het hom uitgelei en buite die stad gelaat. Net nadat hulle hulle na buite uitgelei het, sê een van die mans: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moet nêrens in die hele Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die berge, anders word jy meegesleur.” Maar Lot het vir hulle gesê: “Asseblief nie, my Heer! Kyk, u dienskneg het guns gevind in u oë, en U het u troue liefde oorvloedig aan my bewys deur my te laat leef. Ek sal egter nie na die berge kan ontvlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterf nie. Kyk, hierdie dorp is naby genoeg om daarheen te kan vlug, en dit is 'n klein dorpie. Ek wil graag daarheen ontvlug; dit is mos maar klein; dan kan ek my lewe behou.” Hy het hom geantwoord: “Kyk, Ek sal jou ook in hierdie saak tegemoetkom deur nie die dorp waarvan jy praat, te verwoes nie. Vlug vinnig daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie.” Daarom word die dorp Soar genoem. Die son het oor die aarde opgekom toe Lot in Soar aankom. Die HERE het op Sodom en Gomorra swael en vuur laat reën wat van die HERE af uit die hemelruim kom. Hy het hierdie stede verwoes en die hele Jordaanstreek – al die inwoners van die stede en ook wat uit die grond spruit. Sy vrou het egter omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. Abraham is vroeg die oggend na die plek waar hy voor die HERE gestaan het. Hy het afgekyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele gebied van die Jordaanstreek, en gesien daar styg rook op uit die land, soos die rook uit 'n smeltoond. Toe God die stede van die Jordaanstreek verdelg het, het God aan Abraham gedink, en Lot weggestuur uit die verwoesting, toe Hy die stede waarin Lot gewoon het, verwoes het. Lot het uit Soar opgetrek en in die bergland gaan woon. Sy twee dogters was saam met hom, want hy was bang om in Soar te bly. Hy het hom in 'n grot gevestig, hy en sy twee dogters. Die oudste dogter sê toe vir die jonger een: “Ons pa is al oud, en in dié land is daar nie 'n man wat by ons kan ingaan, soos dit die gebruik in die hele wêreld is nie. Kom ons laat ons pa wyn drink, sodat ons by hom kan gaan lê, en ons uit ons pa 'n nageslag in die lewe kan bring.” Daardie nag het hulle hulle vader wyn laat drink; en die oudste het ingegaan en by haar vader gaan lê. Hy het nie iets agtergekom toe sy gaan lê en opstaan nie. Die volgende dag sê die oudste toe vir die jongste: “Kyk, ek het verlede nag by ons pa geslaap. Kom ons gee hom ook vannag wyn; gaan jy dan in en lê by hom, sodat ons uit ons pa 'n nageslag in die lewe kan bring.” Hulle het toe ook daardie nag hulle vader wyn laat drink, en die jongste het opgestaan en by hom gaan lê. Hy het nie iets agtergekom toe sy gaan lê en opstaan nie. So het die twee dogters van Lot swanger geraak by hulle vader. Die oudste het aan 'n seun geboorte gegee, en sy het hom Moab genoem. Hy is die stamvader van die huidige Moabiete. En die jongste, ook sy het aan 'n seun geboorte gegee en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die stamvader van die huidige Ammoniete.
GENESIS 19:15-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Teen dagbreek die volgende dag het die engele by hulle aangedring: “Maak gou! Neem jou vrou en twee dogters wat by jou is uit hierdie plek, anders sal die verwoesting van die stad julle ook tref.” Toe Lot nog talm, gryp die engele sy hand en dié van sy vrou en twee dogters, en lei hulle haastig uit die stad uit, want die HERE was hulle genadig. Buite die stad waarsku een van die engele: “Vlug vir julle lewe! Moet nêrens in die vlakte gaan stilstaan nie! En moenie omkyk nie! Vlug na die berge, anders sal julle doodgaan.” “Ag nee tog, Menere,” pleit Lot. “Julle was nou so goed om my lewe te red en het ook guns aan my betoon. Maar ek sal nie die berge haal nie. Die ramp sal my inhaal en ek sal doodgaan. Kyk, hier naby is ’n klein dorpie. Laat my asseblief tog daarheen vlug. Kyk net hoe klein is dit! Dan sal my lewe gespaar word.” “Goed,” sê die engel, “ek sal aan jou versoek voldoen. Ek sal die klein dorpie spaar. Maar maak gou om daar te kom, want ek kan niks doen voordat jy daar is nie.” Van toe af is die klein dorpie Soar genoem. Net toe die son opkom, het Lot by die dorpie aangekom. Toe het die HERE vuur en brandende swael uit die hemel op Sodom en Gomorra laat neerreën. Hy het hierdie stede en hulle omgewing totaal verwoes met al hulle inwoners en die plante en die diere. Agter hom het Lot se vrou omgekyk en toe in ’n soutpilaar verander. Dié oggend het Abraham vroeg opgestaan en hom gehaas na die plek waar hy by die HERE gestaan het. Hy het oor die vlakte uitgekyk in die rigting van Sodom en Gomorra. Daar sien hy net rookkolomme optrek oor die hele gebied, soos rook uit ’n steenoond. Maar God het Abraham se versoek onthou en Lot gered uit die verwoesting van die stede in die vlakte waar hy gewoon het. Na ’n tyd het Lot weggegaan uit Soar omdat hy bang was vir die inwoners. Hy gaan woon toe saam met sy dogters in ’n grot in die berge. Op ’n dag sê die ouer dogter vir haar suster: “Ons pa word nou oud. Daar is nêrens in hierdie omgewing ’n man met wie ons kan trou nie. Kom ons maak hom dronk met wyn en dan slaap ons by hom. Op so ’n manier kan ons deur ons pa ’n nageslag laat voortleef.” Hulle het toe so gemaak. Daardie aand het hulle hom met wyn dronk gemaak en die ouer dogter het by haar pa gaan slaap. Hy was onbewus daarvan dat sy kom lê het of dat sy opgestaan het. Die volgende oggend sê sy toe vir haar suster: “Ek het laas nag by ons pa geslaap. Kom ons maak hom vanaand weer dronk met wyn en dan gaan jy in om by hom te slaap. Op so ’n manier kan ons deur ons pa ’n nageslag laat voortleef.” Hulle het hom toe daardie aand weer dronk gemaak, en die jonger dogter het ingegaan en by hom gaan slaap. Soos die vorige keer, was hy onbewus daarvan dat sy kom lê het of dat sy opgestaan het. Op hierdie manier het albei dogters van Lot swanger geword by hulle pa. Toe die ouer dogter ’n seun in die wêreld bring, het sy hom Moab genoem. Hy het die stamvader geword van die volk wat nou as die Moabiete bekend staan. Toe die jonger dogter geboorte gee aan ’n seun, het sy hom Ben-Ammi genoem. Hy het die stamvader geword van die volk wat nou bekend is as die Ammoniete.
GENESIS 19:15-38 Bybel vir almal (ABA)
Toe dit dag word, het die engele vir Lot gesê hy moet gou maak. Hulle het gesê: “Kom, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, sodat die Here jou nie ook straf wanneer Hy die stad straf nie.” Lot het nog 'n bietjie gewag. Toe gryp die twee mans sy hand en sy vrou se hand en sy twee dogters se hande en hulle neem hulle almal tot buite die stad. Die Here wou Lot se lewe spaar. Nadat die twee mans vir Lot en sy mense tot buite die stad gebring het, sê een van die mans: “Julle moet vlug as julle wil lewe! Moenie agtertoe kyk nie, en moenie êrens in die vallei stilstaan nie. Vlug na die berge, anders sal julle sterf!” Maar Lot sê vir hulle: “Nee, Menere, julle was baie vriendelik met my en julle het so baie vir my gedoen om my lewe te red. Maar ek kan nie na die berge vlug nie. Ek sal nie tot daar kan kom nie en ek sal sterf. Hier naby is 'n stad. Dit is klein, maar ek kan tot daar vlug. Laat my asseblief daarnatoe vlug, ek sal daar veilig wees.” Die engel sê toe vir Lot: “Goed, jy mag dit ook doen. Ek sal nie daardie stad verwoes nie. Vlug gou daarnatoe, want ek kan niks doen voor jy daar gekom het nie.” Dit is hoekom hulle daardie stad Soar noem. Toe die son opkom, het Lot in die stad Soar aangekom. Die Here het toe swael wat brand en vuur uit die lug laat val op Sodom en Gomorra. Hy het daardie stede verwoes, en die hele suide van die Jordaan-vallei, ook al die mense wat in die stede gewoon het, en al die plante. Lot se vrou het agtertoe gekyk en toe verander sy in 'n soutpilaar. Abraham het daardie oggend vroeg na die plek gegaan waar die Here met hom gepraat het. Hy het gekyk na Sodom en Gomorra en na die hele suide van die Jordaan-vallei. Hy het rook gesien wat uit die aarde kom daar waar die stede was. Dit het gelyk soos rook uit 'n oond. Toe God die stede in die suide van die Jordaan-vallei verwoes het, het Hy aan Abraham gedink en Hy het vir Lot laat uitgaan uit die stede wat Hy verwoes het. Dit was die stede waar Lot gewoon het. Lot het weggegaan uit Soar en hy het in die berge in 'n grot gaan woon, want hy was bang om in Soar te woon. Sy twee dogters het saam met hom gegaan. Die oudste dogter sê toe vir die jongste dogter: “Ons pa is oud en ons sal nie hier mans kan kry nie. Kom ons gee vir Pa wyn om te drink en dan slaap ons by hom, sodat ons kinders kan kry van hom.” Daardie nag het hulle toe vir hulle pa wyn gegee om te drink, en die oudste dogter het by hom gaan slaap. Lot het nie geweet dat sy by hom kom slaap het en weer opgestaan het nie. Die volgende oggend het die oudste dogter vir die jongste dogter gesê: “Ek het gisteraand by Pa geslaap. Kom ons gee hom vannag weer wyn en dan gaan slaap jy by hom. So sal ons pa 'n nageslag hê.” Hulle gee toe daardie nag weer vir hulle pa wyn, en die jongste dogter het by hom gaan slaap. Hy het nie geweet dat sy by hom kom slaap het en opgestaan het nie. Lot se twee dogters het toe swanger geword en hulle het hulle pa se kinders gekry. Die oudste dogter het 'n seun gekry en sy het hom Moab genoem. Hy is die voorvader van die Moabiete. Die jongste dogter het ook 'n seun gekry en sy het hom Ben-Ammi genoem. Hy is die voorvader van die Ammoniete.
GENESIS 19:15-38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie. Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad. En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie! Daarop antwoord Lot hulle: Ag nee, my Here! Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie. Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te vlug, en dit is klein. Laat my tog daarheen vlug — is dit nie klein nie? — dat ek kan lewe! En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal omkeer nie. Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad Soar. Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom. En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel, en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei. En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. En Abraham is vroeg in die môre na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het. Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van 'n smeltoond. En onderwyl God die stede van die Jordaanstreek verwoes, het God aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was. En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy twee dogters gaan woon op die gebergte, want hy was bang om in Soar te bly; daarom het hy saam met sy twee dogters in 'n spelonk gaan woon. En die oudste het aan die jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man in die land om, na die reël van die ganse aarde, by ons in te gaan nie. Kom, laat ons aan ons vader wyn gee om te drink en met hom gemeenskap hou, sodat ons deur ons vader 'n geslag in die lewe kan hou. Hulle gee toe dié nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan. Die volgende dag sê die oudste aan die jongste: Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons vader 'n geslag in die lewe kan hou. Hulle gee toe dié nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan. So het dan die twee dogters van Lot by hulle vader bevrug geword, en die oudste het 'n seun gebaar en hom Moab genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Moabiete. En die jongste het ook 'n seun gebaar en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Ammoniete.
GENESIS 19:15-38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die dag begin breek, het die engele hom aangejaag en gesê: “Kom nou! Vat jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, anders sterf jy wanneer die stad sy straf kry.” Toe Lot nog talm, het die twee mans hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand gegryp en hulle uit die stad uit gevat, want die Here het Hom oor Lot ontferm. Nadat hulle vir Lot-hulle buite die stad gebring het, sê een van die mans vir hom: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie! Moenie êrens in die vlakte vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring.” Maar hy sê vir hulle: “Asseblief tog, Menere, u was al so goed vir my en u het my al so 'n groot guns bewys deur my lewe te spaar, maar ek sal nie berge toe kan vlug nie. Die ramp sal my inhaal voor ek daar is en ek sal omkom. Kyk, hier naby is 'n dorpie waarheen ek kan vlug. Ek wil daarheen vlug en so my lewe red. Dit is maar 'n ou klein dorpie.” Toe sê die engel vir hom: “Ook wat dit betref, staan ek jou versoek toe. Ek sal nie die dorp waarvan jy praat, verwoes nie. Vlug gou daarnatoe, want ek kan niks aan die ander stede doen voordat jy in die dorpie aangekom het nie.” Dit is waarom hulle die dorpie Soar noem. Net toe die son opkom, het Lot in Soar aangekom. Toe het die Here swael en vuur van Hom af, uit die hemel uit, laat reën op Sodom en Gomorra. En God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei. Lot se vrou het omgekyk en sy het in 'n soutpilaar verander. Daardie oggend het Abraham vroeg opgestaan en na die plek toe gegaan waar hy in die teenwoordigheid van die Here gestaan het. Toe Abraham in die rigting van Sodom en Gomorra en van die hele vlaktestreek kyk, sien hy oor die hele wêreld trek rook op asof dit 'n steenoond is. Toe God die stede in die vlakte verdelg het waar Lot gewoon het, het God aan Abraham gedink en vir Lot laat wegkom uit die plek waar die verwoesting plaasgevind het. Lot het toe van Soar af weggegaan en met sy twee dogters in die berge gaan bly. Hy was bang om in Soar te bly en het toe met sy twee dogters in 'n grot gaan woon. Die oudste dogter het vir die jongste gesê: “Pa is oud. Hier rond sal ons nie op die gebruiklike manier mans kry nie. Kom ons maak vir Pa dronk en dan slaap ons by hom sodat ons by hom kinders kan hê.” Daardie nag het hulle hom dronk gemaak, en die oudste dogter het met hom gemeenskap gehad. Hy het nie besef dat dit sy is wat by hom kom lê en daarna opstaan nie. Die volgende dag sê sy toe vir die jongste: “Ek het verlede nag by hom geslaap. Kom ons maak hom vannag weer dronk en dan gaan slaap jy by hom sodat ons elkeen 'n kind by hom kan hê.” Hulle het hom toe daardie nag weer dronk gemaak, en die jongste dogter het met hom gemeenskap gehad. Hy het nie agtergekom dat dit sy is wat by hom kom lê en daarna opstaan nie. So het die twee dogters van Lot by hulle pa swanger geword. Die oudste het 'n seun in die wêreld gebring en hom Moab genoem. Hy is die voorvader van die Moabiete. Die jongste dogter het ook 'n seun in die wêreld gebring en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die voorvader van die Ammoniete.
GENESIS 19:15-38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net toe die dag breek, het die engele Lot aangespoor: “Staan op! Neem jou vrou en jou twee dogters wat hier is, anders word julle meegesleur oor die sondeskuld van die stad.” Hy het nog gehuiwer, toe gryp die mans hom, sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE Hom oor hom ontferm het. Hulle het hom uitgelei en buite die stad gelaat. Net nadat hulle hulle na buite uitgelei het, sê een van die mans: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moet nêrens in die hele Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die berge, anders word jy meegesleur.” Maar Lot het vir hulle gesê: “Asseblief nie, my Heer! Kyk, u dienskneg het guns gevind in u oë, en U het u troue liefde oorvloedig aan my bewys deur my te laat leef. Ek sal egter nie na die berge kan ontvlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterf nie. Kyk, hierdie dorp is naby genoeg om daarheen te kan vlug, en dit is 'n klein dorpie. Ek wil graag daarheen ontvlug; dit is mos maar klein; dan kan ek my lewe behou.” Hy het hom geantwoord: “Kyk, Ek sal jou ook in hierdie saak tegemoetkom deur nie die dorp waarvan jy praat, te verwoes nie. Vlug vinnig daarheen, want Ek kan niks doen voordat jy daar aankom nie.” Daarom word die dorp Soar genoem. Die son het oor die aarde opgekom toe Lot in Soar aankom. Die HERE het op Sodom en Gomorra swael en vuur laat reën wat van die HERE af uit die hemelruim kom. Hy het hierdie stede verwoes en die hele Jordaanstreek – al die inwoners van die stede en ook wat uit die grond spruit. Sy vrou het egter omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. Abraham is vroeg die oggend na die plek waar hy voor die HERE gestaan het. Hy het afgekyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele gebied van die Jordaanstreek, en gesien daar styg rook op uit die land, soos die rook uit 'n smeltoond. Toe God die stede van die Jordaanstreek verdelg het, het God aan Abraham gedink, en Lot weggestuur uit die verwoesting, toe Hy die stede waarin Lot gewoon het, verwoes het. Lot het uit Soar opgetrek en in die bergland gaan woon. Sy twee dogters was saam met hom, want hy was bang om in Soar te bly. Hy het hom in 'n grot gevestig, hy en sy twee dogters. Die oudste dogter sê toe vir die jonger een: “Ons pa is al oud, en in dié land is daar nie 'n man wat by ons kan ingaan, soos dit die gebruik in die hele wêreld is nie. Kom ons laat ons pa wyn drink, sodat ons by hom kan gaan lê, en ons uit ons pa 'n nageslag in die lewe kan bring.” Daardie nag het hulle hulle vader wyn laat drink; en die oudste het ingegaan en by haar vader gaan lê. Hy het nie iets agtergekom toe sy gaan lê en opstaan nie. Die volgende dag sê die oudste toe vir die jongste: “Kyk, ek het verlede nag by ons pa geslaap. Kom ons gee hom ook vannag wyn; gaan jy dan in en lê by hom, sodat ons uit ons pa 'n nageslag in die lewe kan bring.” Hulle het toe ook daardie nag hulle vader wyn laat drink, en die jongste het opgestaan en by hom gaan lê. Hy het nie iets agtergekom toe sy gaan lê en opstaan nie. So het die twee dogters van Lot swanger geraak by hulle vader. Die oudste het aan 'n seun geboorte gegee, en sy het hom Moab genoem. Hy is die stamvader van die huidige Moabiete. En die jongste, ook sy het aan 'n seun geboorte gegee en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die stamvader van die huidige Ammoniete.
GENESIS 19:15-38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die môre aanbreek, het die engele vir Lot gehaas en gesê: Staan op, neem jou vrou en jou twee dogters wat hier is; dat jy nie deur die ongeregtigheid van die stad omkom nie. En terwyl hy vertoef, het die manne sy hand en die hand van sy vrou en die hand van sy twee dogters gegryp; die HERE was hom genadig, en hulle het hom uitgelei en hom buitekant die stad gesit. En toe die hy, hulle na buite gebring het, sê hy: Ontvlug vir jou lewe; kyk nie agter jou nie, en bly nie in die hele vlakte nie; vlug na die berg, dat jy nie verteer word nie. En Lot sê vir hulle: Ag, nie so nie, my Meester! Kyk nou, U kneg het genade in U oë gevind, en U het U barmhartigheid grootgemaak wat U aan my bewys het deur my lewe te red; en ek kan nie na die berg ontvlug nie, sodat die onheil my nie oorval en ek sterwe nie. Kyk nou, hierdie stad is naby om na te vlug, en dit is 'n kleintjie: Ag, laat my daarheen vlug (is dit nie 'n kleintjie nie?) en my siel sal lewe. En hy sê vir hom: Kyk, Ek het jou ook oor hierdie saak behaag, dat Ek hierdie stad, oor wie jy gespreek het, nie sal vernietig nie. Haas jou, vlug daarheen; want ek kan niks doen voordat jy daaraann gekom het nie. Daarom is die naam van die stad Soar genoem. Die son het oor die aarde opgekom toe Lot in Soar ingegaan het. Toe het die HERE swael en vuur op Sodom en Gomorra laat reën vanuit die hemel; Hy het daardie stede omgekeer en die hele vlakte en al die inwoners van die stede en wat op die grond gegroei het. Maar sy vrou het van agter hom omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. Abraham het die môre vroeg opgestaan na die plek waar hy voor die aangesig van die HERE gestaan het. En hy het in die rigting van Sodom en Gomorra en na die hele land van die vlakte gekyk, en kyk, en kyk, die rook van die land het opgegaan soos die rook van 'n oond. Toe God die stede van die vlakte vernietig het, het God aan Abraham gedink en Lot uitgestuur te midde van die omkering, toe hy die stede waarin Lot gewoon het, omgekeer het. Lot het uit Soar opgetrek en op die berg gaan woon, en sy twee dogters saam met hom; want hy was bang om in Soar te woon, en hy het in 'n spelonk gaan woon, hy en sy twee dogters. En die eersgeborene sê vir die jongste: Ons vader is oud, en daar is geen man op die aarde om na ons in te kom soos die hele aarde nie. Kom, laat ons ons vader wyn laat drink, en ons sal met hom gemeenskap hê, sodat ons die saad van ons vader kan bewaar. En hulle het hul vader daardie nag wyn laat drink, en die eersgeborene het ingegaan en by haar vader gemeenskap gehad; en hy het nie gemerk wanneer sy gaan lê of wanneer sy opstaan nie. En die volgende dag het die eersgeborene vir die jongste gesê: Kyk, ek het gisteraand by my vader gelê; laat ons hom ook in hierdie nag wyn laat drink; en gaan in en lê by hom, dat ons die saad van ons vader kan bewaar. En hulle het hulle vader daardie nag ook wyn laat drink, en die jongste het opgestaan en by hom gemeenskap gehad; en hy het nie gemerk wanneer sy gaan lê of wanneer sy opstaan nie. So was albei die dogters van Lot swanger by hulle vader. Die eersgeborene het 'n seun gebaar en hom Moab genoem; dit is die vader van die Moabiete tot vandag toe. Die jongste, sy het ook 'n seun gebaar en hom Benammi genoem; dit is die vader van die kinders van Ammon tot vandag toe.
GENESIS 19:15-38 Die Boodskap (DB)
Teen dagbreek het die engele Lot aangejaag en gesê: “Nou moet julle regtig baie vinnig vertrek. As jy en jou vrou en die twee dogters nie nou vertrek nie, sal julle saam met die stad vergaan.” Lot het nog aanhou draai. Toe gryp die engele hulle hande en lei hulle na ’n veilige plek buite die stad. Die Here het vir Lot-hulle omgegee; daarom het Hy hulle veilig uitgelei. Toe hulle veilig was, het een van die engele gesê: “Vlug vir julle lewe. Moet net nie omkyk nie en moet nie sommer op enige plek gaan stop nie. Vlug liewers berge toe. Doen dit nou, anders sterf julle almal.” Lot het egter vinnig geantwoord: “Nee, Meneer, dit kan nie gebeur nie. U het my tot nog toe net gehelp. U was albei so goed vir ons en u het ons lewe gespaar. Maar, Meneer, ek kan nie nou berge toe vlug nie. Ek sal dood wees nog voordat ek daar kom. Daar is egter ’n dorpie net agter die eerste bult. Dit is maar ’n klein ou plekkie, maar daar sal ons veilig wees. Niemand sal ons daar kry nie en geen ellende sal ons daar tref nie. So, asseblief, Meneer, laat ons tog daarheen gaan.” Hy het toe geantwoord: “Goed dan, julle kan daarheen vlug. Ek sal aan julle dink en die dorpie nie verwoes nie. Maar maak tog net gou, want ek kan niks doen voordat julle daar is nie.” Daarom noem hulle die dorpie Soar (wat “’n onbeduidende ding” beteken). Die son was net op toe Lot-hulle in Soar aankom. Toe het die hel losgebars. Die Here het swaelvuur op Sodom en Gomorra laat neerreën. Hierdie vuur het alles en almal voor die voet verdelg. Die Here het al die stede in die omgewing heeltemal vernietig, al die inwoners doodgemaak en al die plante tot op die grond verwoes. Niks het oorgebly nie. Lot se vrou het egter omgekyk en onmiddellik in ’n soutpilaar verander. Vroeg die volgende oggend is Abraham terug na die plek waar hy die vorige dag nog met die Here gepraat het. Hy het in Sodom en Gomorra se rigting gekyk en net verwoesting aanskou. Al die dorpe in die omgewing was vernietig. Donker rookwolke het oor die gebied gehang saam met die skerp reuk van rookwalms. Terwyl die Here die stede in die vallei verwoes het, het Hy aan Abraham gedink. Hy het onthou wat Abraham Hom gevra het; daarom is Lot en sy mense nie in die ramp dood nie. Lot en sy dogters is later van Soar af weg. Hulle was bang om langer daar te bly. Hulle is toe die berge in en het in ’n grot gaan woon. Lot se oudste dogter sê toe eendag vir haar suster: “Pa word oud en hier is geen man in die omgewing met wie ons kan trou nie. Kom ons maak Pa dronk en dan gaan slaap ons by hom. Deur Pa kan ons dan vir ons ’n nageslag bou.” Daardie aand het hulle Lot dronk gemaak. Toe hy goed dronk was, het die oudste by hom gaan lê. Lot het nie eens geweet dat sy oudste by hom geslaap het of wanneer sy opgestaan het nie. Die volgende oggend het die oudste vir die jongste dogter gesê: “Ek het laas nag by Pa geslaap. Vannag is dit jou beurt. Ons maak hom eers goed dronk en dan gaan lê jy by hom. So sal ons darem ’n nageslag hê.” Daardie aand het hulle toe weer hulle pa dronk gemaak en ook die jongste dogter het by hom geslaap. Lot het weer nie eens geweet dat sy jongste by hom geslaap het of wanneer sy opgestaan het nie. So het elkeen van die dogters ’n kind van hulle pa verwag. Die oudste het ’n kind gebaar en hom Moab genoem. Tot vandag toe is hy die stamvader van die Moabiete. Die jongste dogter het ook ’n seun gehad en hom Ben-Ammi genoem. Tot vandag toe is hy die stamvader van die Ammoniete.