GENESIS 16:1-3
GENESIS 16:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Abram se vrou Sarai het nog nie vir hom 'n kind gekry nie. Sarai het 'n slavin uit Egipte gehad. Haar naam was Hagar. Sarai het vir Abram gesê: “Die Here het my nie kinders laat kry nie. Gaan slaap by my slavin. Miskien kry sy 'n kind, en dan sal dit my kind wees.” Abram het geluister en gedoen wat Sarai gesê het. Abram het toe al tien jaar in Kanaän gewoon. Sy vrou Sarai het haar Egiptiese slavin Hagar geneem en vir haar man Abram gegee sodat Hagar ook sy vrou kon wees.
GENESIS 16:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het 'n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar. En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister. Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin — nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het — en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.
GENESIS 16:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy 'n kind in die wêreld wat my eie kan word.” En Abram het saamgestem met sy vrou. Abram was al tien jaar in Kanaän toe Sarai, die vrou van Abram, self vir Hagar, haar Egiptiese slavin, gevat en vir haar man Abram as vrou gegee het.
GENESIS 16:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sarai, Abram se vrou, het nie vir hom kinders in die wêreld gebring nie. Maar sy het 'n Egiptiese slavin gehad; haar naam was Hagar. Sarai sê toe vir Abram: “Kyk, die HERE weerhou my daarvan om kinders te kry. Gaan maar na my slavin; miskien kan ek deur haar 'n familie opbou. ” Abram het ingestem tot Sarai se voorstel. Sarai, Abram se vrou, het toe haar Egiptiese slavin, Hagar, geneem en haar aan haar man Abram as vrou gegee. Dit was nadat Abram al tien jaar lank in die land Kanaän gewoon het.
GENESIS 16:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie, en sy het 'n slavin gehad, 'n Egiptiese, met die naam van Hagar. Toe sê Sarai vir Abram: Kyk tog, die HERE het my daarvan weerhou om te baar. Gaan tog in by my slavin; dit mag wees dat ek kinders by haar kan kry. En Abram het na die stem van Sarai geluister. En Sarai, die vrou van Abram, het Hagar, haar slavin, die Egiptiese, geneem nadat Abram tien jaar lank in die land Kanaän gewoon het, en haar aan haar man Abram gegee om sy vrou te wees.
GENESIS 16:1-3 Die Boodskap (DB)
Na al die jare was Abram se vrou, Sarai, steeds kinderloos. Uit frustrasie het sy haar Egiptiese slavin, Hagar, na Abram toe gevat en gesê: “Die Here het my nie ’n kind van my eie gegee nie. So, vat haar. Slaap by haar en laat haar kind ook my kind wees.” Vir Abram was dit ’n uitstekende plan. Hulle was immers al tien jaar in die land en nog niks het gebeur nie. Sarai het toe haar slavin, Hagar, die vrou uit Egipte, vir haar man, Abram, as byvrou gegee.
GENESIS 16:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Sarai, Abram se vrou, het nog geen kinders gehad nie. Sarai het ’n Egiptiese slavin gehad met die naam Hagar. Sarai sê toe vir Abram: “Die HERE het my nie toegelaat om kinders te hê nie. Gaan slaap by my slavin. Dalk kan sy ’n kind in die wêreld bring wat ek as my eie kan beskou.” Abram het hiermee ingestem. So het Sarai, Abram se vrou, haar Egiptiese slavin Hagar vir Abram as vrou gegee. Dit het gebeur tien jaar nadat Abram in Kanaän aangekom het.