GENESIS 15:5-6
GENESIS 15:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Abram buitetoe geneem en vir hom gesê: “Kyk na die lug en probeer om al die sterre te tel. Jou nageslag sal so baie wees.” Abram het die Here geglo, en daarom was die Here tevrede met hom.
GENESIS 15:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
GENESIS 15:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesê: “Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan.” Verder sê die Here vir hom: “So baie sal jou nageslag wees.” Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het.
GENESIS 15:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe neem Hy Abram na buite en sê: “Kyk maar op na die hemel en tel die sterre – as jy in staat is om hulle te tel!” En Hy sê vir hom: “So sal jou nageslag wees.” Hy het die HERE geglo. En Hy het dit vir hom as geregtigheid toegereken.
GENESIS 15:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het hom na buite gebring en gesê: Kyk tog na die hemel en vertel die sterre of jy hulle kan tel; en Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die HERE geglo; en hy het dit hom tot geregtigheid gereken.
GENESIS 15:5-6 Die Boodskap (DB)
Die Here het Abram buitentoe geneem en gesê hy moet opkyk. “Probeer ’n bietjie al die sterre tel,” het Hy gesê. Abram kon nie en die Here het gesê: “Jou nageslag sal nog eendag net so baie soos hierdie sterre word.” Abram het die Here toe geglo. Vir die Here was dit goed dat Abram so op Hom vertrou.