GENESIS 14:18-24
GENESIS 14:18-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring en hom geseën: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.” Toe het Abram vir Melgisedek 'n tiende van alles gegee. Die koning van Sodom het vir Abram gesê: “Gee my net die mense en vat die besittings vir jou.” Maar Abram het hom geantwoord: “Ek het my hand opgelig en 'n eed afgelê voor die Here, voor God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde, dat ek niks van jou sal vat nie, nie eers 'n garingdraad of 'n skoenveter nie, sodat jy nie kan sê: ‘Ek het vir Abram ryk gemaak’ nie. Afgesien van wat my manskappe geëet het, kan jy my buite rekening laat. Maar die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre, hulle moet hulle deel kry.”
GENESIS 14:18-24 Die Boodskap (DB)
Nog ’n ent verder het Abram vir Melgisedek ontmoet. Hy was die koning van Salem en ’n priester van die allerhoogste God. Hy het vir Abram kos en wyn gegee, hom geseën en toe gesê: “Die allerhoogste God, die Skepper van hemel en aarde, is naby jou en sal jou gelukkig maak. Loof Hom, die allerhoogste God, wat jou van jou vyande gered het.” Abram was so aangegryp dat hy Melgisedek ’n tiende van alles gegee het. Die koning van Sodom het toe vir Abram gesê: “Jy kan al die buit vir jou hou, maar gee die mense vir my terug.” Abram het toe vir die koning van Sodom gesê: “Nooit aste nimmer nie. Ek het by die Here, die allerhoogste God, die Skepper van die hemel en die aarde, gesweer dat ek niks van u sal vat nie, nie eers ’n garingdraad of ’n skoenveter nie. Nooit mag u sê dat u my ryk gemaak het nie. Behalwe vir die kos wat my manne geëet het, vra ek niks nie. Maar Aner, Eskol, Mamre en al die ander manne wat my gehelp het, moet hulle deel kry.”
GENESIS 14:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Melgisedek, die koning van Salem, het vir hom brood en wyn gebring. Hy was ook ’n priester van God die Allerhoogste. Melgisedek het Abram geseën en gesê: “Geseënd is Abram deur God die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God die Allerhoogste wat jou bemagtig het om oor jou vyande te seëvier.” Toe gee Abram vir Melgisedek ’n tiende van alles wat hy teruggekry het. Die koning van Sodom sê vir hom: “Gee net my mense terug, maar hou die besittings vir jouself.” Abram antwoord hom toe: “Ek het die HERE, God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde, plegtig belowe dat ek nie eens ’n garingdraad of ’n skoenveter van jou sal neem nie. Anders kan jy dalk sê: ‘Ek is die een wat vir Abram ryk gemaak het!’ Al wat ek sal aanvaar, is die kos wat hierdie manskappe reeds geëet het. Maar gee ’n deel van die buit aan my bondgenote Aner, Eskol en Mamre.”
GENESIS 14:18-24 Bybel vir almal (ABA)
Melgisedek, die koning van Salem, was 'n priester van die Hoogste God. Hy het vir Abram brood en wyn gebring. Hy het Abram geseën en gesê: “Abram, die Hoogste God wat die hemel en die aarde gemaak het, seën jou. Ek prys die Hoogste God, want Hy het jou gehelp om jou vyande te oorwin.” Abram het toe vir Melgisedek een tiende gegee van alles wat hy teruggebring het. Die koning van Sodom het vir Abram gesê: “Gee vir my net die mense terug wat die vyand gevang het, en neem vir jou die goed.” Maar Abram het vir die koning van Sodom gesê: “Die Here, die Hoogste God, wat die hemel en die aarde gemaak het, is my getuie. Hy is my getuie dat ek niks van jou sal neem nie, nie 'n garingdraad of 'n skoenveter of enige iets anders nie. Ek wil nie hê jy moet later sê: ‘Ék het vir Abram ryk gemaak’ nie. Ek wil niks van jou goed hê nie, net die kos wat my slawe geëet het. Maar die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre, húlle moet die goed kry wat hulle moet kry.”
GENESIS 14:18-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles. En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself. Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde, dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak. Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.
GENESIS 14:18-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring en hom geseën: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.” Toe het Abram vir Melgisedek 'n tiende van alles gegee. Die koning van Sodom het vir Abram gesê: “Gee my net die mense en vat die besittings vir jou.” Maar Abram het hom geantwoord: “Ek het my hand opgelig en 'n eed afgelê voor die Here, voor God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde, dat ek niks van jou sal vat nie, nie eers 'n garingdraad of 'n skoenveter nie, sodat jy nie kan sê: ‘Ek het vir Abram ryk gemaak’ nie. Afgesien van wat my manskappe geëet het, kan jy my buite rekening laat. Maar die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre, hulle moet hulle deel kry.”
GENESIS 14:18-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Melgisedek, die koning van Salem, het brood en wyn gebring. Hy was 'n priester van God, die Allerhoogste. Hy het Abram geseën en gesê: “Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, skepper van die hemel en die aarde. God, die Allerhoogste, moet geprys word, Hy wat jou teenstanders in jou hand oorgelewer het.” Abram het toe vir hom 'n tiende van alles gegee. Die koning van Sodom het vir Abram gesê: “Gee vir my die mense; die besittings kan jy vir jouself vat.” Maar Abram het vir die koning van Sodom gesê: “Ek hef my hand op na die HERE God, die Allerhoogste, skepper van die hemel en die aarde: Nie die riempie of die bandjie van 'n sandaal sal ek vat van enigiets wat aan jou behoort nie, sodat jy nie kan sê, ‘Ek is die een wat Abram ryk gemaak het’ nie. Sluit my uit! Net wat die jong manne geëet het, en die deel van die manne wat saam met my gegaan het – Aner, Eskol en Mamre – laat hulle dan hulle deel kry.”
GENESIS 14:18-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Melgisedek, die koning van Salem, het brood en wyn gebring, en hy was die priester van die Allerhoogste God. En hy het hom geseën en gesê: Geseënd is Abram van die Allerhoogste God, die eienaar van hemel en aarde! Geseënd is die Allerhoogste God wat U vyande in U hand gegee het. En hy het hom tiendes van alles gegee. Toe sê die koning van Sodom vir Abram: Gee vir my die persone en neem die goed vir jou. En Abram het aan die koning van Sodom gesê: Ek het my hand opgehef tot die HERE, die Allerhoogste God, wat hemel en aarde besit, Dat ek nie van 'n draad tot 'n skoenriem sal neem nie, en dat ek niks sal neem wat aan jou is nie, dat jy nie sê: Ek het Abram ryk gemaak nie. Behalwe net wat die jongmanne geëet het, en die deel van die manne wat saam met my gegaan het, Aner, Eskol en Mamre; laat hulle hul deel neem.