GENESIS 14:18-20
GENESIS 14:18-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring en hom geseën: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.”
GENESIS 14:18-20 Bybel vir almal (ABA)
Melgisedek, die koning van Salem, was 'n priester van die Hoogste God. Hy het vir Abram brood en wyn gebring. Hy het Abram geseën en gesê: “Abram, die Hoogste God wat die hemel en die aarde gemaak het, seën jou. Ek prys die Hoogste God, want Hy het jou gehelp om jou vyande te oorwin.”
GENESIS 14:18-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.
GENESIS 14:18-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Melgisedek, die koning van Salem, het brood en wyn gebring. Hy was 'n priester van God, die Allerhoogste. Hy het Abram geseën en gesê: “Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, skepper van die hemel en die aarde. God, die Allerhoogste, moet geprys word, Hy wat jou teenstanders in jou hand oorgelewer het.” Abram het toe vir hom 'n tiende van alles gegee.
GENESIS 14:18-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Melgisedek, die koning van Salem, het brood en wyn gebring, en hy was die priester van die Allerhoogste God. En hy het hom geseën en gesê: Geseënd is Abram van die Allerhoogste God, die eienaar van hemel en aarde! Geseënd is die Allerhoogste God wat U vyande in U hand gegee het. En hy het hom tiendes van alles gegee.
GENESIS 14:18-20 Die Boodskap (DB)
Nog ’n ent verder het Abram vir Melgisedek ontmoet. Hy was die koning van Salem en ’n priester van die allerhoogste God. Hy het vir Abram kos en wyn gegee, hom geseën en toe gesê: “Die allerhoogste God, die Skepper van hemel en aarde, is naby jou en sal jou gelukkig maak. Loof Hom, die allerhoogste God, wat jou van jou vyande gered het.” Abram was so aangegryp dat hy Melgisedek ’n tiende van alles gegee het.
GENESIS 14:18-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Melgisedek, die koning van Salem, het vir hom brood en wyn gebring. Hy was ook ’n priester van God die Allerhoogste. Melgisedek het Abram geseën en gesê: “Geseënd is Abram deur God die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God die Allerhoogste wat jou bemagtig het om oor jou vyande te seëvier.” Toe gee Abram vir Melgisedek ’n tiende van alles wat hy teruggekry het.