GENESIS 13:9
GENESIS 13:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Lê die hele land nie oop voor jou nie? Trek liewer van my weg. As jy links gaan, sal ek regs gaan; en as jy regs gaan, sal ek links gaan.”
GENESIS 13:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kies jy enige deel van die land, dan gaan ons uitmekaar. As jy anderkant toe wil gaan, sal ek hier bly. As jy verkies om hier te bly, sal ek elders heen trek.”
GENESIS 13:9 Bybel vir almal (ABA)
Die hele land lê oop voor jou. Ons moet weggaan van mekaar. As jy links gaan, dan sal ek regs gaan, of as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.”
GENESIS 13:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
GENESIS 13:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hele land lê oop voor jou. Gaan jy liewer weg van my af. As jy links gaan, gaan ek regs; en as jy regs gaan, gaan ek links.”