GENESIS 12:7
GENESIS 12:7 Die Boodskap (DB)
Die Here het aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Abram, hierdie land sal Ek nog vir jou en jou nageslag gee.” Abram was bly en het vir die Here wat aan hom verskyn het ’n altaar gebou.
GENESIS 12:7 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek gee hierdie land vir jou nageslag.” Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.
GENESIS 12:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar 'n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.
GENESIS 12:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.” Abram het daar 'n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het.
GENESIS 12:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE verskyn toe aan Abram en sê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.” Hy het toe daar 'n altaar gebou vir die HERE wat aan hom verskyn het.