GENESIS 10:1-7
GENESIS 10:1-7 Bybel vir almal (ABA)
Hier is 'n lys van die nageslag van Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Ná die watervloed het hulle kinders gehad. Jafet se nageslag was die mense van Gomer en Magog, die Mediërs, die Grieke en die mense van die lande Tubal, Mesek en Tiras. Gomer se nageslag was die mense van die lande Askenas, Rifat en Togarma. Elisa en Tarsis, die Kittiërs en die Dodaners was afstammelinge van die Grieke. Party van hierdie mense het oral in ander lande en naby die see gaan woon. Daar was verskillende families en volke. Elke volk het in sy eie land gewoon en het sy eie taal gepraat. Gam se nageslag was die mense van die lande Kus, Egipte, Put en Kanaän. Kus se nageslag was die mense van die lande Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Rama se nageslag was die mense van die lande Skeba en Dedan.
GENESIS 10:1-7 Die Boodskap (DB)
Hier is die nageslag van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet; almal wat ná die watervloed gebore is. Jafet se kinders was Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras. Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma. Die nageslag van Jawan was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners. Uit hierdie nageslag van Jafet het al die seevolke ontstaan; elke volk met sy eie taal en kultuur asook sy eie mense. Gam se kinders was Kus, Egipte, Put en Kanaän. Kus was die pa van Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Rama se kinders was Skeba en Dedan.
GENESIS 10:1-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet — vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed. Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras. En die seuns van Gomer was: Áskenas en Rifat en Togárma. En die seuns van Jawan was: Elísa en Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete — uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies. En die seuns van Gam was: Kus en Misráim en Put en Kanaän. En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.
GENESIS 10:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hier volg besonderhede oor Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Na die oorstroming is daar ook vir hulle kinders gebore. Die nageslag van Jafet: Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras. Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma. Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom. Uit hulle het die mense wat nou die kusstreke bewoon, daarnatoe versprei, volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal. Die nageslag van Gam: Kus, Egipte, Put en Kanaän. Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.
GENESIS 10:1-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hier volg die familiegeskiedenis van Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Daar is vir hulle seuns gebore ná die vloed. Jafet se nageslag was Gomer en Magog, Madai, Jawan, Tubal, Meseg en Tiras. Gomer se nageslag was Askenas, Rifat en Togarma. Jawan se nageslag was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en Dodaners – deur hulle is die eilande van die nasies bevolk, almal in hulle eie lande, elkeen met sy eie taal, volgens hulle grootfamilies, volgens hulle nasies. Gam se nageslag was Kus, Egipte, Put en Kanaän. Kus se nageslag was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabtega. Rama se nageslag was Skeba en Dedan.
GENESIS 10:1-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die geslagte van die seuns van Noag, Sem, Gam en Jafet, en vir hulle is seuns gebore ná die vloed. Die seuns van Jafet; Gomer en Magog en Madai en Javan en Tubal en Meseg en Tiras. En die seuns van Gomer; Askenas en Rifat en Togarma. Die seuns van Javan; Elisa en Tarsis, Kittim en Dodanim. Hierdeur is die eilande van die heidene verdeel in hulle lande; elkeen volgens sy tong, volgens hulle geslagte, volgens hulle nasies. Die seuns van Gam; Kus, Misraim, Put en Kanaän. En die seuns van Kus; Seba, Hawila, Sabta, Raäma, Sabtega; en die seuns van Raäma; Skeba en Dedan.
GENESIS 10:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die volgende is ’n lys van die nakomelinge van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet, ná die vloed. Die nageslag van Jafet was Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras. Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma. Die nageslag van die Grieke was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners. Hulle nageslag het seevaarders in verskillende lande geword. Elke stam het sy eie taal gehad. Die nageslag van Gam was Kus, Egipte, Put en Kanaän. Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.