GENESIS 1:3-5
GENESIS 1:3-5 Bybel vir almal (ABA)
God het gesê: “Daar moet lig wees.” En toe was daar lig. God het gesien die lig is goed. Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig “dag” genoem en Hy het die donker “nag” genoem. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die eerste dag.
GENESIS 1:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.
GENESIS 1:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.
GENESIS 1:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien dat die lig goed was. God het toe die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig dag genoem en die donker het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was oggend – dag een.
GENESIS 1:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het gesê: Laat daar lig wees, en daar was lig. God het gesien dat die lig goed was, en God het die lig van die duisternis geskei. God het die lig Dag genoem, en die duisternis het Hy Nag genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.
GENESIS 1:3-5 Die Boodskap (DB)
God was egter daar en Hy het gesê: “Laat daar lig wees.” Skielik was daar oral lig. God was baie tevrede met die lig wat Hy gemaak het. Hy het dit apart van die donkerte gehou. God het die lig “dag” genoem en die donkerte “nag”. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die eerste dag van die skepping.