GENESIS 1:27,31
GENESIS 1:27 Bybel vir almal (ABA)
God het toe die mens gemaak om in sy plek te regeer. Hy het die mens gemaak om in sy plek hoof te wees. Hy het die mense so gemaak dat daar mans en vroue is.
Genesis 1:31 Bybel vir almal (ABA)
God het toe gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en daarna het dit oggend geword. Dit was die sesde dag.
GENESIS 1:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
GÉNESIS 1:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
GENESIS 1:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
GENESIS 1:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.
GENESIS 1:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het die mens geskep na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskep, manlik en vroulik het Hy hulle geskep.
Genesis 1:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en kyk, dit was baie goed. En dit was aand en dit was oggend – die sesde dag.
GENESIS 1:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Genesis Genesis 1:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en gesien dit was baie goed. Dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
GENESIS 1:27 Die Boodskap (DB)
God het toe die mens gemaak. En dié mens het iets van God in hom gehad. Dié mens het soos God gelyk. God het ’n man en ’n vrou gemaak.
Genesis 1:31 Die Boodskap (DB)
God het alles wat Hy gemaak het, goed bekyk en Hy was baie tevrede daarmee. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die sesde dag van die skepping.
GENESIS 1:27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep.