GENESIS 1:1-4
GENESIS 1:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Alles het begin toe God die hemel en die aarde gemaak het. Daar was niks op die aarde nie, niemand kon daar woon nie. Daar was net 'n groot see, en dit was baie donker. Die Gees van God het oor die water beweeg soos 'n sterk wind. God het gesê: “Daar moet lig wees.” En toe was daar lig. God het gesien die lig is goed. Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.
GENESIS 1:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis
GENESIS 1:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.
GENESIS 1:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die •oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef, en God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien dat die lig goed was. God het toe die lig en die donker van mekaar geskei.
GENESIS 1:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was sonder vorm en leeg. Duisternis was op die wêreldvloed en die Gees van God het op die waters gesweef. God het gesê: Laat daar lig wees, en daar was lig. God het gesien dat die lig goed was, en God het die lig van die duisternis geskei.
GENESIS 1:1-4 Die Boodskap (DB)
In die begin van alle tyd het God die hemel en die aarde gemaak. Voor die skepping was alles eensaam en verlate. ’n Angswekkende donkerte het oor die bodemlose dieptes gehang. En ’n ongelooflike sterk wind het heeltyd oor die waters gewaai. God was egter daar en Hy het gesê: “Laat daar lig wees.” Skielik was daar oral lig. God was baie tevrede met die lig wat Hy gemaak het. Hy het dit apart van die donkerte gehou.
GENESIS 1:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo en die aarde hieronder. Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef. Toe beveel God: “Laat daar lig wees!” en dit was so. Die lig was vir God goed. Daarop het God die lig en die donkerte van mekaar geskei.